Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
In Jesaja 43: 18 - 21 lees ons eers hoe God die volk deur die Rietsee gelei het en dan vanaf vers 18 sê die Here kom kyk hoe doen ek nuwe dinge. Hoe maak Ek paaie in die woestyn en riviere in droë gebiede. God nooi ons uit om terug te kyk en dan te besef dat Hy steeds nuwe dinge doen, nuwe wonderwerke gee. In effek sê Hy vir die volk in ballingskap, vertrou my en Ek al jou lei terug na Jerusalem. Ek sal soos met die uittog uit Egipte uit, weer doen wat gedoen moet word om jou veilig uit te lei. Vertrou My! Wat ek sien in die laaste vers, vers 21, is die doel vir die volk se bestaan. 'n Doel wat ons veels te veel kere miskyk want ons dink die lewe gaan oor ons en God moet ons help om goed te leef. Die vers maak dit duidelik dat ons is daar om God se lof te verkondig. Ons is geskep vir God om God se lof te verkondig. Dit is meer as net om God te loof in gebed. Dit is ook om te praat oor die dinge wat God doen in ons lewens. Kom ons bid: Die Here ons sal help om getuies te wees van Sy groot dade. Ons bid dat elke lidmaat 'n getuie sal wees. Ons veroormoedig ons steeds in lydenstyd. Bid steeds om genade. Word steeds bewus van ons verlorenheid sonder God en ons bely dit teenoor God. Bid vir die land en sy mense. Geweld en haat om te stop. Einde aan misdaad en korrupsie. Bid vir 'n land waar ons in God se vrede kan leef met ander en waar God se liefde die rigting aan dui.