Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
So dankbaar vir die reën. Ja, dit bring sy eie dilemmas mee, tog is dit kosbaar. Ek kan God nie genoeg dank en ry vir hierdie wonderlike genade nie. Ek lees vandag wees in 2 Kor 5: 9 en 15 hoe Paulus skryf: "Maar of ons hier woon of daar woon, ons het net een wens en dit is om te lewe soos Hy wil." en weer in vers 15 "En Hy het vir almal gesterwe sodat die wat lewe, nie meer vir hulle self moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is." Dit noop my om te bid dat die Heilige Gees my en ons almal sal lei in die lewe van God se wil. Net een wens. Net een begeerte: ek wil lewe soos God dit wil. Kom ons bid dit die komende week. Bid asb ook vir die eredienste en vir elk gelowige om nader aan die Here te beweeg. Vernuwing en geestelike groei in ons lewens. Dat die Here ons duidelik sal lei. Hy het gesê "Volg My". Die Here praat baie met ons oor die liefde. Kom ons leef Sy iefde! Mag die Here met U wees.