Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Bid asb vir die gemeente: Groei in geloof en vertroue op God. Dat ons sal beweeg vanaf "glo in Jesus" na "Glo soos Jesus". Met daardie selfde absolute ooruiging en geloof in God ons Vader. Dat elke lidmaat nog meer die beheer van hulle lewens in God se hande sal plaas. En dan God se leiding sal volg. Maw doen soos God dink ons moet doen en leef. Miskien moet ons minder inkoop in die wereld in en meer in God in. Die wereld gaan ons opgebruik en uitspoeg as ons nie hulle winsmarge of doeleindes dien nie. God is ons Herder wat ons versorg. Dat ons sal leer luister. Ons inspan om die Here se stem te hoor en te ken. Bid vir die jeugaksie, kategese en kinderkerk, Groei en dat die Here die kinders se lewens sal vernuwe en hulle nader aan Hom trek. Eredienste. 'n Erediens is 'n ontmoeting met God: Sy gemeente, Sy kinders saam by Hom. Bid dat die Heilige Gees in Sondag se diens met krag sal werk in ons en ons paradigmas sal skuif en ons vernuwe. Bid vir groei in die erediensbywoning. Bid dat die Here Sy Woord sal bevestig met wonders en teken soos in Handelinge 4. Dank die Here vir al die goedheid wat ons beleef. Daar is soveel mooi elke dag: die glimlag van iemand wat omgee, iemand wat help, sonsopkomste ens. Dank die Here vir die reen in besonders. Siekes: Rudi Rheeder, Willie Barnard, Deon Serfontein, Apie Kitching. Bid vir die Fryde gesin wat Donderdag hulle pa/oupa begrawe. Land: Vrede Geweld en moorde. Onluste Ekonomie. Water water water. Ekonomie weer. Werkgeleenthede en nuwe besighede kan begin. Dienslewering en kundigheid in munisipaliteite. Bv is maar net 'n paar areas. Soos die Here jou lei, bid asb vir die land. My gebed vir jou en jou gesin is dat die Here by julle mag wees en dat Hy julle sal lei, beskerm en seën.