Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Donderdag Lees Johannes 8: 1- en Matteus 7: 1 – ook Efes 4: 23, 24, 29 Dit is moeilik as mense beter as Jesus weet. Of bloot net dit mis, dat die oordeel wat hulle so vinnig uitspreek, eintlik net iets sê van die storms in hulself. Wat doen ons? Ons plaas mense wat anders dink of anders is in ‘n boksie. En as ek hom of haar geboks het en die etiket opgeplak het ... dan kan ek hulle afskryf. Ek hoef nie meer aandag daar te gee nie. So besef ek dat om etikette om mense se nekke te hang, of bloot net te sê iemand is so of sus, is om in jouself om watter rede ookal, hulle impak in jou lewe te verskraal. Jy hoef jou nie meer aan hulle te steur nie want hulle is so of so. Ons kyk mis dat die dieper probleem in onsself lê. Ons behoort die emosies of seerkry of wat anders ookal wat agter ons oordeel lê, te gaan soek. In ons self. Deel van stilword is dat God mense of gedagts of emosies in ons kan wakker maak wat agter baie van ons gedrag sit ... sodat ons dit kan hanteer. Dit kan bely en deurpraat met Hom. En regmaak. Bv As ek kyk na die geleentheid toe hulle die vrou wat in owerspel betrap is voor Jesus gesleep het dan kan ek nie anders as om op te merk ... dat ... hulle agenda eintlik nie oor die vrou gegaan het nie, maar om iets te kry waaroor hulle Jesus kon aankla. Die onsuiwerhede in hulle gemoed, hulle haat, of jaloesie of vrees (dat revolusie sou kom en die Romeine weer die swaard sal inlê) of watter emosie ookal ter sprake was, dit het hulle gedryf. Miskien, op hierdie trant, is dit goed om te wonder wat in onsself maak dat ons God se werk wil oorneem? Iemand anders wil oordeel. Die oordeel kom tog God toe. Een van die seer stories van 2016 vir my is die pa wat se dogter pad gevat het omdat sy swanger geword het want sy het geweet as sy swanger word is sy dood in sy oë. Sonder ‘n woord gespreek tussen die twee is sy geoordeel, veroordeel en die “vonnis sommer voltrek” ook. Ek ken hom goed. Hyself het al gesê die Here het hom al baie moes vergewe. Maar hy self kon haar nie een fout vergewe nie. Is ons taak nie om lief te hê nie? Is God nie liefde nie? (Of is bv 1 Johannes 4 vals?) Moet ons fokus nie wees om God lief te hê met ons alles en om daarom mekaar onvoorwaardelik lief te hê? En hoeveel keer het Jesus nie gesê ons moet mekaar vergewe nie? Net na die onse Vader gebed: En Paulus skryf in Efes 4: 32 32 “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” Die pa hoor my nie. En as ons eerlik is, nie een van ons hoor my nie. Nie eers altyd ekself nie. Want ons natuurlike reaksie is om afte skryf, of af te maak, te haat, te ignoreer of te koue skouer oor wat jy my aangedoen het of van my gesê of vir my gesê het. Is dit oordeel? Dalk nie. Maar dit is ons reaksie op ‘n ander se oordeel. Ons reaksie op die splinter wat iemand dalk in ons eie oog uitgewys het. Jesus sê in Matt 7 ons moenie oordeel nie. En dan gebruik Hy beeldspraak waar ons die splinter in ‘n ander se oog uitwys maar die balk in ons eie ignoreer. Ons moet ophou praat oor die splinters in ander se oë en begin om met die Here besig te raak oor die balke in ons eie oë. En kom ons los maar daardie stekie wat jy so graag wil inkry, en daardie woordjie hier of daar laat val om iemand anders te benadeel of terug te kry. Want dit staan tussen God en jou. Dikwels onbely want ons is blind daarvoor. Ek gee kans om nou in stilte tot God om genade te bid en te vra dat Hy ons oë sal opmaak vir onsself. En ons fokus op dit wat op bou. Wat die liggaam van die Here, Sy gemeente, opbou (Efes 4:16) en praat net dit wat ander opbou (4: 29). Daar is ‘n belangrike vers in Efes 4 vir vandag, en dit is, “Julle gees en gedagtes moet nuut word.”(24) Fokus ons ooit daarop? Raak ons ontslae van ons verskuide agendas en oordele / vooroodele? Jesus se reaksie teen die vrou se aanklaers was besonders: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi. (Vers 7)” Ek weet nie wat hulle gewetes hulle oor aangekla het nie, want die een na die ander het weggeloop. Ek weet net die aanklag was liefdeloos. Dit alleen het hulle skuldig gemaak voor God. Levitikus 19 is tog duidelik: Jy moet jou naaste liefhê. Ek sluit met die storie uit Moses the Black se lewe: When a brother committed a fault and Moses was invited to a meeting to discuss an appropriate penance, Moses refused to attend. When he was again called to the meeting, Moses took a leaking jug filled with water and carried it on his shoulder. Another version of the story has him carrying a basket filled with sand. When he arrived at the meeting place, the others asked why he was carrying the jug. He replied, "My sins run out behind me and I do not see them, but today I am coming to judge the errors of another." On hearing this, the assembled brothers forgave the erring monk.