Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ons is besig in die Dinsdagaande gebedsgeleentheid, om te bid vir oa: 1. Dat elke gelowiges soos strome lewende water sal wees. Dat die Heilige Gees (die Bron) so in ons kan leef en werk dat ander die lewende water sal kan ontvang wat soos 'n stroom uit ons vloei. 2. Dat elke gelowige passievol oor die Here en oor sy/haar kindska sal wees. 3. Ons bid dat die Heilige Gees diepost Covid en post moderne tydsgees sal breek en God se kinders terug bring in Sy familiebyeenkomste in (eredienste). Ons vra jou om saam hiervoor te bid. Ons vra jou om 'n voorbeeld hiervan te wees. Ons bid verder vir: Geestelike groei. Herlewing Gehoorsaamheid Die leef van God se liefde. Einde aan al die haat en lelik in die land. Vir die ekonomie, einde aan misdaad, Werksgeleenthede. Einde aan erge armoede. Vrede. Vanweë die Poppiewet gee ek nie meer name van siekes hier deur nie. Bid asb vir die siekes. Ons bid vir die gewone mense wat slagoffers is in mnr Putin se oorlog teen die Oekraine. Ons bid vir vrede. In ons eie land vertrou ons die Here vir 'n herlewing wat 'n einde ook sal bring aan al die haat en korrupsie. waarvoor ons ook bid moet stop. Dit en die moorde, plaasmoorde, geweld teen vroue en kinders.