Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
By Dinsdagaand se gebedsgeleentheid het ons gevra: Hoe sal 'n gemeente wees waar die Heilige Gees soos lewende water uit 'n fontein uit borrel? dit is tog iets waarvoor ons bid, asook vir 200+ mense per erediens en dat elke gelowige 'n lewende getuie van Jesus sal wees. Ons bid vir volle vrymoedigheid om die evangelie te verkondig en dat Jesus Sy woord sal bevestig met wonders en tekens. Hoe lyk mense wat so is? Wat jy hierop antwoord, is wat jy asb voor moet bid by die Here. Ons het beleef dat sulke gelowiges passievol is oor Jesus, hulle is vriendelik, hulle vergewe en hulle kies om nie te oordeel nie. Hulle het lief. Hartlikheid. Geduldig. Jy kan die onderdele van die vrug van die Gees soos in Gal 5: 22, 23 ook bid. Bid asb dat al bg waar sal word en duidelik uitstraal uit elke gelowige. Bid dit vir ons as gemeente en ook vir elke indiwiduele gemeentelid. Dit is 'n gesamentlike ding maar elke enekeling is verantwoordelik om Christus so te leef. Bid asb vir Sondag se nagmaalsdiens Bid vir die land en die siekes..