Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ons as gemeente leef uit afhanklikheid van God. Ons bely dat God vir ons voorsien en dat ons Sy gemeente is. Hierdie week begin ons om te bid dat God op nuwe maniere deur ons kan werk. Ons begin deur Johannes 7: 37 – 39 getrou te bid. Ek lees die deel vir ons en dan gaan ek ‘n voorstel maak. 37 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! 38 Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” 39 Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. John 7:37-39 Waarvoor bid ons? Ons bid dat die Heilige Gees in ons en deur ons so sal werk dat hierdie woorde van Jesus waar word in ons lewens. Ons bid dat strome lewende water uit ons sal voortvloei. En ons hou aan om dit te bid. Steeds bid ons ook vir: 1. Vir 'n erediensbywoning van 200 plus. Gelowiges wat hart en siel vir God daar is om Hom te loof en prys. Ons doel is tog om God te eer en te verheerlik. 2. Bid vir elke lidmaat om die geleenthede wat God ons bied om Sy getuies te wees, aan te gryp en saam met die Heilige Gees hierin te werk.Elke lidmaat 'n getuie van Jesus. Dit is tog die groot opdrag waarmee ons moet besig wees. 3. 'n Honger na wat God sê. Groei in Bybelstudies en kleingroepe. En eredienste. 4. Bid asb vir die siekes. Die Here weet wie hulle is. Dra hulle asb op aan Hom. Bid vir ons land. Vir die NG kerk in die breë. Kom ons sê ook vir die Here dankie vir Wie Hy is en wat Hy alles in ons lewens doen. Dankbaarheid is iets moois en dit trek mense na God toe. Dank die Here vir alles wat Hy in die eredienste doen. Dankie vir jou volgehoue voorbidding.