Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Soms raak dit stil op hierdie blad. Die rede is eenvoudig dat vanweë die popi-wet moet ek versigtig wees oor name vir voorbidding plaas. En 'n mens wil ook nie herhaal aan al die vorige sake nie. Hierdie week is vir ons voorop: God se leiding. Ons wil hê God moet ons lei. Maar ons wil ook so bewus van Hom lewe dat ons sal hoor en sien as Hy 'n ander koers aandui of eers stop dat ons kan opvang en groei. God is ons altyd voor. Bid dat ons werklik ingestel op Hom sal lewe. Ons bid dat ons belydenis dat ons lewe om God draai gestalte sal kry in wie ons is en hoe ons leef. Bid vir groei. Bid vir gelowiges om terug te keer na die eredienste toe sodat ons God saam as Sy huisgesin kan loof en prys en aanbid. Bid vir krag om as Sy getuies te leef. Ons droom is dat elkeen van ons, elke lidmaat, elke gelowiges 'n dissipel en 'n getuie van Jesus sal wees. Bid vir 'n hernuwde honger en dors na God en Sy Woord. Bid vir die land: Ons alle mense sal respekteer. Vrede. einde aan eiewilligheid waar elkeen doen soos hul wil. So ook aan 'n einde van alle misdaad en wetteloosheid. Bid, soos deur die Here beveel, vir almal in gesagsposisies. Bid vir die siekes. Dankie