Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ons kan so maklik dinge ingewikkeld maak. Hoekom weet ek nie, maar ons doen. So is daar al baie kursusse oor gebed. Baie leersaam. Maar kom ons onthou. Gebed is eenvoud. Gebed is gesprek met God. Opreg. uit die hart uit. Bid dan uit jou hart uit oor alles wat verkeerd is in hierdie land en vra die Here se vergifnis oor SA. Kom staan in vir 'n land vol mense wat nie bid nie en nie omgee hoe hulle leef en seermaak nie. Bid vir die gemeente. Gesels met Jesus en vra Hom om Sy visie en droom vir ons as gemeente te kom uitwerk hier. Bid vir die siekes. Die Here weet wie siek is. Bid vir genesing en krag en genade. bid vir die families langs die bed. En terwyl jy so met ons Vader gesels, sĂȘ vir Hom dankie vir al die mooi wat Hy ons gee. Vir al die genade. Nuwe oggende wat ons mag beleef en om saans saam met ons geliefdes te kan wees. En huil dan ook saam met die Here oor die sondes van hierdie land en sy mense. Geniet jou fokus tyd met die Here.