Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
In 2 Konings bid Hiskia oor sy probleme met die koning van Assirië: “Here, God van Israel, U wat oor die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak. 16 Hoor tog, Here, luister, kyk tog, Here, let tog op! “Hoor tog wat Sanherib gesê het; hy het U, die lewende God, in sy boodskap beledig! 17 Dit is waar, Here, die konings van Assirië het nasies met lande en al verwoes 18 en hulle gode verbrand, maar dit was nie gode nie, dit was die werk van mensehande, hout en klip; daarom is hulle vernietig. 19 Here, ons God, red ons tog uit die mag van die Assiriese koning. Dan sal al die koninkryke van die aarde besef dat U, Here, alleen God is.” 2 Kings 19:15-19 Aangrypend. 'n Gebed wat Suid-Afrika in hierdie tye so nodig het. Wil jy nie iets soortgelyks tot God bid vir ons land en haar mense nie? Praat ook met die Here oor: die ekonomie die komende verkiesing die misdaad en korrupsie die veiligheid van God se kinders, trouens van alle mense. naasteliefde. Dank die Here vir Sy goedheid aan hierdie gemeente. Hy is onverklaarbaar (van ons kant gesien) goed vir ons. Ons kan God nie genoeg dank en eer nie. Bid vir die eredienste en die uitdra van die Woord. Bid vir groei in mense se lewens. En dat ons sterk sal staan teen verkeerde leringe en videos. Bid vir die siekes. Om popia redes noem ek nie meer die name nie. Die Here weet wie hul is, so bid maar net vir die siekes. Dankie vir jou getroue voorbidding.