Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Vanoggend sê ons dankie. Dankie vir die Here se liefde, troue en genade. Ons sê ook dankie vir: Verlede week se reën; die basaar se mooi weer (na 'n koel begin); gesondheid; mekaar. Ons bid vir: 1. Mekaar. Die woordjie mekaar kom baie voor in die Nuwe Testament en keer op keer in verband met liefhê en met vergewe. So ons bid dat ons mekaar opreg sal lief hê. 2. Mekaar: Gesondheid behoue sal bly. covid-19 sal vryspring. 3. Mekaar: Genesing: Siekes: Annemarie dB; Kobus J; Fred T; AV; Tinkie V; Annette R; Piet R; Annatjie Gel; doris S; chrizelle 4. Mekaar: Elkeen 'n getuie sal wees van Jesus Christus. Kom ons vertel vir ander die mooi wat God in ons lewens skenk. 5. Mekaar: Finansies. Werk. Ekonomie. Veiligheid. Vrede en geluk. Vir die land: 1. Die ekonomie!!! 2. Verandering in die regering se houding teenoor blankes, grondbesit, die ekonomie. Dat hulle sal weg beweeg van sosialisme af en hulle beheptheid om alles te wil beheer en nder sentrale besit te plaas. 3. Ons bid teen misdaad, korrupsie, plaasmoorde, aanvalle op mense, gewapende roof, geweld teen vroue en kinders. 4. Verkiesings kom weer nader. Bid dat God se wil sal geskied. Vir jou. Mag God jou genadig wees en jou seën en in jou lewe besig wees om jou te vorm tot Sy eer. Mag jy Sy teenwoordigheid beleef en geniet.