Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Efeiers 5: 15 herinner ons om versigtig te wees hoe ons lewe. Ons moet verstandig lewe en die beste gebruik maak van elke geleentheid. Ons moet probeer om te wete te komwat die Here wil hê ons moet doen. Bid in die oggend en vra die Here wat Hy vandag wil hê jy moet doen. Dan hou jy oë oop vir geleenthede waar jy God sien werk. Help iemand in nood. Beantwoord 'n geloofsvraag. Leef liefde. Kom ons bid: 1. Vir die wysheid om te leef soos die Here wil. 2. Vir geopende oë sodat ons kan sien waar die Here werk en die krag om betrokke te raak by dit waarmee die Here besig is. 3. Dat Hy ons so sal lei dat ons Sy lig sal uitstraal. Vir die gemeente. 1. Dat ons altyd in mekaar se oë sal sien dat hier iemand voor my staan vir wie God baie lief is. 2. Dat ons anders oor onsself begin dink: Nou as getuies. Getuies van Christus in dit wat ons doen, hoe ons mense hanteer en in ons woorde. 3. Finasies van die gemeente. Dat ons sal groei in ons offerbereidheid. Dat die Here ons sal seën. 4. Basaar van 1 Mei: Niemand met Covid-19 sal opdaag nie; niemand sal aansteek of siek word nie. Geen probleme rondom dit nie. 4.1. Basaar. Lekker kuier dag mag saam hê. Alles reg sal verloop tot eer van die Here. 4.2. Basaar finansieel goed sal doen. 5. Siekes: Annemarie dB; Fred T; Tinkie V; Doris S; Kobus J; Chrizelle. Vir die land: 1. Vrede tussen alle rasse. 2. Politici se leuens en korrupsie op 'n einde sal kom. 3. Korrupsie op alle vlakke uitgeroei mag word. 4. ekonomiese groei. 5. Wetgewing wat groei belemmer opgehef sal word en dat groei bevorder sal word. 6. Bid teen grondonteiening, plaasmoorde, misdaad, geweld teen vroue en kinders, wetteloosheid. Mag dieHere jou seën.