Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Nederigheid. 'n Mens kan so maklik dinge oor jouself maak. En die teenoorgestelde van nederig word. Vol van jouself en vol ban jou geloof. Dit pas nie by ons nie. Nederigheid is deel an die vrug van die Gees. Kan ek voorstel dat ons getrou sal bid dat ons alle behoefte aan mag, gesag, kragdadige optrede prys gee; ons laat vaar die behoefte om mense, situaasies, selfs onsself te kan verander; en ons self in afhanklikheid aan die Here oorgee om ons te vul. Bid asb vir die gemeente vir geestelike groei. Dat ons ook werklik sal tuiskom in Sy liefde en daarom Hom des te meer vreugde verskaf deur ons gehoorsaamheid aan Hom. Bid vir 'n openheid om verander te word en dat ons nie teen God sal inwerk nie. Bid vir die finansies van die gemeente. Vir basaar en ander fondsinsamelings om te slaag. Maar meer belangrik, bid dat elke lidmaat die Here so sal vertrou dat hulle 'n tiende vir Hom wil gee en inderdaad wel gee. Bid dat ons mekaar in liefde sal verdra en help. Bid vir die siekes: Kobus Jordaan; Annemarie de Bruin; Chriszelle; Fred Trentleman; Anna; Tinkie Venter; Tannie Schoeman. Vir die land. Bid asb vir bekering en herlewing. 'n Dringende terug keer na God en weg stap van al ons verkeerde dade af. Einde aan geweld, misdaad, haat, plaasmoorde, geweld teen vroue en kinders. Vir die ekonomie om op te tel en nuwe werksgeleenthede en nuwe geleenthede vir nuwe besighede. En minder wetgewings en regulasies wat die werkplek negatief belemmer. Bid vir die regering. Die Here verwag dit van ons. Dankie vir jou volgehoue gebede.