Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Soms is ons te besig om God te hoor. Baie mense sit as hulle in die huis kom dadelik die radio of televisie aan. Daar is altyd klank en ons koppe is ook heeltyd besig met gedagtes wat die plek volhardloop. Tussen dit alles is die sagte stem van die Gees. En daar is nie 'n manier wat ons Sy stem kan hoor nie. Dit is tragies. Kom ons skep ruimte vir net luister. Vir stilte. Bid asb vir die gemeente vir geestelike groei. Dat ons ook werklik sal tuiskom in Sy liefde en daarom Hom des te meer vreugde verskaf deur ons gehoorsaamheid aan Hom. Bid vir 'n openheid om verander te word en dat ons nie teen God sal inwerk nie. Bid vir die finansies van die gemeente. Vir basaar en ander fondsinsamelings om te slaag. Maar meer belangrik, bid dat elke lidmaat die Here so sal vertrou dat hulle 'n tiende vir Hom wil gee en inderdaad wel gee. Bid dat ons mekaar in liefde sal verdra en help. Bid vir die siekes: Kobus Jordaan; Annemarie de Bruin; Rita de Jager; Chriszelle; Mileah; Carole du Plessis; Fred Trentleman; Sarie; Anna; Melissa. vir die land. Bid asb vir bekering en herlewing. 'n Dringende terug keer na God en weg stap van al ons verkeerde dade af. Einde aan geweld, misdaad, haat, plaasmoorde, geweld teen vroue en kinders. Vir die ekonomie om op te tel en nuwe werksgeleenthede en nuwe geleenthede vir nuwe besighede. En minder wetgewings en regulasies wat die werkplek negatief belemmer. Bid vir die regering. Die Here verwag dit van ons. Dankie vir jou volgehoue gebede.