Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ek lees in Lukas 6: 46 hoe Jesus vra: Watter sin het dit dat julle My aanspreek met Here, Here! en nie doen wat Ek sê nie. Hy kon netso wel gevra het watter sin maak dit dat ons bid maar steeds nie doen wat Hy sê nie. Duidelik is gehoorsaamheid vir die Here belangrik. Dit moet ook vir ons belangrik wees want Jesus het die woorde wat lewe gee, as ek Petrus mag aanhaal. En Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Dit maak sin dat ons Hom nalleef. Sit nou stil en dink oor waar jy jou eie kop volg, Jesus se woorde ignoreer en dalk nnet doodgewoon in Sy gesig ongehoorsaam is. Bely dit voor Hom. Bid nou oor ons almal se ongehoorsaamheid. Bid dat hierdie gemeente en hierdie land sal omswaai en Jesus gehoorsaam sal volg en dien. Bid vir die onderskeidingsvermoee om te weet wat is van Hom af en wat nie. Bid asb vir die gemeente vir geestelike groei. Dat ons ook werklik sal tuiskom in Sy liefde en daarom Hom des te meer vreugde verskaf deur ons gehoorsaamheid aan Hom. Bid vir die siekes: Kobus Jordaan; Annemarie de Bruin; Rita de Jager; Chriszelle; Mieah; Carole du Plessis; Dink aan die Brandt gesin;Die Rossouws en die Malherbes en ander wat hierdie week 'n geliefde aan die dood afgestaan het. Bid vir die gemeentes se finansies. Teen Covid. Teen geweld, misdaad, plaasaanvalle, moorde en korrupsie. Bid vir ekonomiese groei en werkskepping.