Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Gebed is om met die Almagtige te gesels. Dis eenvoudige en opregte gesprekke met ons Vader vir Wie ons met ons lewens vertrou. Dit is tye van verhoudingbou en tuiskom in God se liefde. Ons moet dit nie verwaarloos nie. Dit is 'n duur gekoopte voorreg. Jesus het Sy lewe opgeoffer om hierdie vrye toegang en ons kindskap van God moontlik te maak. Ons bid vir: Annemarie de Bruin; Sakkie Malherbe; Fred Trentleman; Mileah Coetzee; Carole; : Vir die gemeente: Geestelike groei. l hoe meer sal word in die beeld van Christus. Christus meer word in ons en onsself minder. Finansies. Ons kort 'n wonderwerk. Tegelyk is ons intens dankbaar dat die Here ons steeds staande hou. Ons verwag steeds, finansieel gesproke 'n taamlike tekort. Groei in getalle en meelewing. Bereidheid om energie en tyd in te sit om die gemeente te help groei en opbou. En vra weer: Bid dat Christus meer word en ons minder. Vir die land: 'n Nuwe bedeling wat Christus verheerlik. 'n Land waar daar nie gesteel en belieg word nie maar almal saamwerk om die ekonomie en die land op te boy. 'n Land waar ons weer politici kan vertrou en mense veilig in is. 'n Land waar Christus gedien en geeer word en gehoorsaam word. Einde aan misdaad, plaasaanvalle,moorde, geweld en alle vorme van misdaad. Ekonomiese groei en meer werksgeleenthede (volhoubare werksgeleenthede. met minder staatsinmenging en regulering. Baie dankie dat jy saam met ons bid en droom.