Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ons verlei onsself maklik deur te dink omdat ek bid is ek aanvaarbaar voor God. Of my lewe is reg. Ek praat nie van bekering nie. Wie ons is. Om te wees wie God ons bedoel het om te wees is belangrik. Die aanhangsels wat ons om ons sit, of maskers wat ons dra, werk dalk by mense (of so mag ons dalk dink) maar dit werk nie by God nie. Voor God staan jy naak en weerloos in al jou hulpeloosheid. Wie is ons tog voor die Almagtige? Die wonderlike is dat ons vrye toegang het en geliefde kinders van Hom is. Kom ons nader tot God in nederigheid. En dan besef jy maar my liggaam is God se tempel, daarom moet ek ten alle tye nederig en opreg, vriendelik, goedgesind, vol liefde en die volle vrug van die Gees wees. Wie ons i is belangrik. Siekes: Annemarie de Bruin; Fred Trentleman; Die Brandts; Mileah Coetzee; Hettie Thompson. Bid ook vir die Kuhn (en Pieterse's) en Kleynhanse asook die Bothas. Hulle het geliefdes aan die dood afgestaan. Vir die gemeente: Wat sou God wou sien? 1. Geloof. 2. Ons Hom passievol lief sal hê. 3. liefde vir ander. God, so meen ek sou wou hê dat ons orals lig wees en getuies van Christus wee. Bid dat al hierdie dinge almeer word. Bid ook dat Sy Naam geheilig sal word; Sy koninkryk kom; Sy wil geskied. Vir die land: Bid vir vergifnis vir wat ons geword het en wat ons leef. Ons sondes as volk is hoog opgestapel. Bid vir versoening met God deur Jesus Christus en 'n ommekeer terug na die Here. Bid vir harte en lewens wat gereinig is van sonde en nuwe ingesteldhede. Dan kan ons oor die simptome bid: Korrupsie Geweld, moorde, paasaanvalle, verkragtings en en en. Diefstal. Herstel van die ekonomie. 'n Beleid wat die ekonomie stimuleer tot groei en werkskepping en nie soos nou verswaar en belas en groei onmoontlik maak nie. 'n Einde aan haat en haatspraak en disrespek. Voeg by soos u goed dunk.