Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Vandag volg ons op op verlede week se voorbidding. Ons bly daarby. Met aanpassing. Die hoofgedagte is om te bly by God eerste. Wat as ons gebed meer oor God maak as oor ons? Is dit nie hoe Jesus ons leer bid het nie? Eers God se Naam geheilig; God se koninkryk om te kom; en God se wil om te geskied en eers dan kom Hy by ons behoeftes uit. En ons kan maar hierby inval want God weet alles wat ons nog gaan vra en Hy het ons bitter baie lief. Ons weet ons sal versorg word. Lees gerus weer die Ons Vader gebed in Matteus 6. Ek vra dan gebed vir: 1. God se Naam werklik geheilig sal word en gehou word deur elkeen wat sĂȘ hulle is 'n kind van God. 2. Bid dat God se koninkryk duidelik en soos Hy wil in Deneysville, Vaalmarina en omstrek sal sigbaar word. (kom). 3. Bid dat elke kind van God in hierdie gemeenskap en in hierdie land God se wil sal soe en sal leef, soos dit in die hemel uitgevoer word. Vir die gemeente: 1. Dat ons almal covid vry mag bly. 2. Vir genesing teen covid. 3. Vir 'n einde aan al die fopnuus wat mense so on nadenkend versprei. 4. Gemeente se finansies. 5. Geskikte huurder vir die pastorie. 6. Geestelike groei. 7. Dat ons in alle besluite binne die Here se Wil sal bly in ons reaksies op wat om ons gebeur. 8. Siekes: Annemarie de Bruin; Chrizelle; LC; Barrie Smit, Pieter Brand; Susan Swanepoel; Fred en Marie Trentleman; Pieter Kuhn, Theuns Botha; Tienie Klopper. 9. Kobie is oorlede. Bid asb vir haar familie. Vir die breer gemeenskap 1. Genesing teen covid. 2. Ekonomiese herstel en groei. 3. Werklik werkskepping en nuwe werksgeleenthede wat volhoubaar is. 4. Einde aan misdaad: Geweld, korrupsie, moorde (plaasmoorde ingesluit), verkragting ens. 5. Goeie oesjaar vir die boere. 6. 'n Goeie sake jaar vir die kleinbesighede, asook die groter industriee en besighede. Mag ons beleef dat God ons lief het en vir ons omgee. Mag Sy genade groot oor ons elkeen wees.