Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ons sê vir die Here dankie vir 'n wonderlike kerssangdiens. Ons kon Hom loof en prys. So baie dankbaar. Ons bid hierdie week vir God se wil en God se koninkryk om te kom en dat Sy Naam heilig gehou sal word. So bid ons dan dat ons lewens so onder Sy beheer sal wees dat ons niks sal doen wat Sy Naam oneer aan sal doen nie en alles sal doen wat Sy koninkryk bevorder. Staan asb by bogenoemde stil. Nou kan ons bid vir: 1. Land 1.1. Ekonomie om te herstel. Werksgeleenthede. Groei. 1.2. Einde aan korrupsie en die suksesvolle vervolgening van die korrupte leiers. En korrupsie in die algemeen aan bande gelê sal word. 1.3. Verwydering van wetgewing wat klein sake ondernemings kniehalter en selfs breek of verhinder om te begin. 1.4. Afname in misdaad. 2. Veiligheid. 2.1. Plaasveiligheid. En vir die boere en hul werkers in die algemeen. 2.2. Teen misdaad. Dit neem toe hierdie tyd van die jaar. 3.3. Hoop. 3. Genesings van siekes. 3.1. Covid 19 3.2. Siekes: Annemarie dB; LC; Chris F; Chriszelle; Ander V; Kobus V; Mileah C; Michelle G; Barrie; Madeleine M; Kobus Jordaan. 4. Gemeente 4.1. Eredienste sal groei 4.2. Sondag se dankdiens en ete asook die nagmaalsdiens die aand (elkeen in eie huis). 4.3. Finansies sal groei: groei in dankoffers en ander skenkings. 4.4. Al hoe meer Christus sal vertoon in ons daaglikse lewens. 4.5. Elke gelowige 'n aktiewe voor beeld van Jesus, en 'n getuie.