Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ons begin deur vandag net 'n lysie te maak. En die res van die week ook. 'n Lysie van alles waarvoor jy God wil dankie sê en dalk selfs wil loof en prys oor. Maak dan 'n tweede lysie van Wie God alles in jou lewe is. Bv Die Bron van my stil vertroue dat dinge sal uitwerk. Omdat God God is. En begin Hom dan dank en loof vir ook dit. 1. Land 1.1. Ekonomie om te herstel. Werksgeleenthede. Groei. 1.2. Einde aan korrupsie en die suksesvolle vervolgening van die korrupte leiers. En korrupsie in die algemeen aan bande gelê sal word. 1.3. Verwydering van wetgewing wat klein sake ondernemings kniehalter en selfs breek of verhinder om te begin. 1.4. Afname in misdaad. 2. Veiligheid. 2.1. Plaasveiligheid. En vir die boere en hul werkers in die algemeen. 2.2. Teen misdaad. Dit neem toe hierdie tyd van die jaar. 3.3. Hoop. 3. Genesings van siekes. 3.1. Covid 19 3.2. Siekes: Annemarie dB; Gerhard L; LC; Chris F; Chriszelle; Ander V; Kobus V; Mileah C; Michelle G; Barrie; 4. Gemeente 4.1. Eredienste sal groei 4.2. Sondag se kerssangdiens. (19:00) en nie dan reen nie. 4.3. Finansies sal groei: groei in dankoffers en ander skenkings. 4.4. Al hoe meer Christus sal vertoon in ons daaglikse lewens. 4.5. Elke gelowige 'n aktiewe voor beeld van Jesus, en 'n getuie.