Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Lees asb eers die deel onder die menu: Gedagtes .... As God sê moenie bid nie. Kom ons bid vir die land terwyl God ons dit nog gun. Ons voorbiddings fokus vir hierdie week is dan die mense van SA: 1. Bid vir bekering en herlewing. Net God kan mense se harte en gesindhede verander. 2. Bid dat die Here die gees van haat, disrespek, moordlus en begeerte en jaloesie en die klas van ingesteldhede vernietig. 3. Bid vir die Heilige Gees om Sy vrug te vestig in SA: Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Gal 5:22-23. 4. Bid vir afname in Covid-19 infeksies en sterftes. Met bogenoemde probeer ons die dieperliggende probleem aanspreek. Harte verander. Kom ons bid nou oor die probleem: 1. Plaasmoorde 2. Geweldsmisdade teen vroue kinders en bejaardes. Eintlik alle geweldsmisdade en moorde. 3. Einde aan diefstal, rassisme, zenofobia, disrespek en vorme van wetteloosheid. 4. Teen korrupsie. Dat die gesteelde gelde herwin sal word. En nou vir beter lewens vir almal. Vir God se seën oor almal. 1. Ekonomie omswaai en optel. 2. Werksgeleenthede en groei. 3. Minder oor regulering van die ekonomie en einde aan kommunistiese sieninge en wetgewing. 4. Inperking van vakbonde se magte. 5. Nogmaals groei en verbetering van gewone mense se omstandighede en lewenskwaliteit. 6. Herstel na ordentlike klinieke, staatshospitale op standaard sal wees. Bid asb ook vir die gemeentes. Vir hierdie gemeente vir finansies, groei, niemand covid optel nie, ons Jesus werklik sal volg. Siekes: Annemarie de Bruin; Mileah Coetzee; Gerhard Loubser Andre; Willem Storm; Kobus Jordaan; Theuns Botha; Johan du Toit se pa; LC; Chrizelda (Hannes en Marieta se dogter.) Chris Feldtmann. Bid asb vir Woensdagaand se Kerkraadsvergadering. Sonder die Here kan ons dit maar los. Bid dat ons die //here sal volg. Mag die Here jou seën.