Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Dit tref my hoe Jesus na die mense kyk en hulle inniglik jammer kry. Die beskrywing wat Matteus van die skare by daardie geleentheid gee (Matteus 9:36) is: 36 Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter het nie." Hy kon netso wel mense in 2020 beskryf het. Ek sê dit veral in die lig van die moeg en hulpeloos. Vandag sal ons seker wil byvoeg aan allerlei grendeltyd regulasies wat nie alles sin maak nie. Toe ek bietjie begin soek toe merk ek op dat in Matteus 14: 14, 14 Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond." En in Matteus 15:32 Jesus het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Ek kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie. En Ek wil hulle ook nie sonder kos huis toe stuur nie, want hulle kan miskien op pad beswyk.” en in Matteus 20: 34 ook. 34 Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg. Keer op keer breek Jesus se omgee vir gewone mense deur. Hy sien raak hoe dit met hulle gaan. En Hy doen iets daaromtrent. Kom ons bid dat God ons oë sal open dat ons anders na mense sal kyk en ons harte sal verander dat ons met ander harte sal kyk. Bid vir die gemeente vir groei in geloof. Bid dat ons alhoemeer gelykvormig sal word aan die beeld van God se Seun. Bid vir nog werkers om die oes in te bring: kerkraadslede, jeugwerkers, evangeliste, wat ookal God hier wil sien. Bid vir die kerkraadsvergadering van Woensdag 11 November 2020. Dat ons genoeg ouderlinge en diakens sal hê vir die werk. Dat die Here ons sal lei in die besluite wat geneem moet word. Bid vir wysheid en diensbaarheid. Bid vir voller eredienste, dat mense sal begin terugkeer ook na die eredienste. Vir die land bid ons vir einde aan corona virus; einde aan korrupsie; haat; geweld. Ons bid teen al die moorde en plaasaanvalle; diefstal en minagting van mense en hul besittings. Bid vir die regering en die politici. Siekes: Annemarie de Bruin; Michelle Goossen; Andre; Coetzee; Mileah Cotzee; LC; Wilem Storm; Theuns Botha, Kobus Jordaan; Johan du Toit se pa; Chrizelle (Hannes en Marieta se dogter). Baie dankie.