Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Spandeer bietjie tyd met Psalm 51. As ek spandeer tyd dan bedoel ek lees dit stadig oor en oor. Biddend. Dit is waar ons begin by God: gebroke oor ons eie sonde, negatiewe gedagtes, haat, ongevoeligheid ensomeer. En dan bid ons vir die land. Regoor die Vrystaat staan NG gemeentes stil by God en bid oor plaasmoorde. Ons ook. Ons voorbiddings fokus vir hierdie week is dan die mense van SA: 1. Bid vir bekering en herlewing. Net God kan mense se harte en gesindhede verander. 2. Bid dat die Here die gees van haat, disrespek, moordlus en begeerte en jaloesie en die klas van ingesteldhede vernietig. 3. Bid vir die Heilige Gees om Sy vrug te vestig in SA: Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Gal 5:22-23. Met bogenoemde probeer ons die dieperliggende probleem aanspreek. Harte verander. Kom ons bid nou oor die probleem: 1. Plaasmoorde 2. Geweldsmisdade teen vroue kinders en bejaardes. Eintlik alle geweldsmisdade en moorde. 3. Einde aan diefstal, rassisme, zenofobia, disrespek en vorme van wetteloosheid. 4. Teen korrupsie. Dat die gesteelde gelde herwin sal word. En nou vir beter lewens vir almal. Vir God se seën oor almal. 1. Ekonomie omswaai en optel. 2. Werksgeleenthede en groei. 3. Minder oor regulering van die ekonomie en einde aan kommunistiese sieninge en wetgewing. 4. Inperking van vakbonde se magte. 5. Nogmaals groei en verbetering van gewone mense se omstandighede en lewenskwaliteit. 6. Herstel na ordentlike klinieke, staatshospitale op standaard sal wees. Bid asb ook vir die gemeentes. Vir hierdie gemeente vir finansies, groei, niemand covid optel nie, ons Jesus werklik sal volg. Siekes: Annemarie de Bruin; Andre; Willem Storm; Kobus Jordaan; Theunns Botha; Johan du Toit se pa; Elize van Heerden se ma; LC; Hannes en Marieta se dogter. Oorlede: Jan Serfontein. Bid asb vir die familie. Bid asb vir vanaand se Finansiele kommissie vergadering (14 Okt 2020) Mag die Here jou seën.