Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
In Jeremia 33: 3 staan daar dat ons God moet aanroep en Hy sal ons van groot en onverstaanbare dinge vertel. As jy verder lees in die deel dan lees jy dat Hy sy volk oorgegee het oor hulle baie sonde (vers 5). En in vers 6 sê die Here dat Hy hulle weer sal gesond maak. en vir hulle 'n sterk en veilig vesting bou. Ons is nie Israel nie. Ons is wel deur genade alleen, deur Christus alleen God se kinders. En ons moet van ons sondes af breek. Daarmee saam is hierdie land God se land al erken die mense dit dalk nie. Dit is God se wêreld en God se heelal, as jy my redenasie volg, en daarom ook God se Suid Afrika. Jeremia 33 gee my die vrymoedigheid om te bid vir die land. Meer nog om te bid vir bekerings en gernuwde toeweiding aan die Here. Geen gekniebuig nie, maar daadwerklike koesveranderings agter die Here aan. Ons voorbiddings fokus vir hierdie week is dan die mense van SA: 1. Bid vir bekering en herlewing. Net God kan mense se harte en gesindhede verander. 2. Bid dat die Here die gees van haat, disrespek, moordlus en begeerte en jaloesie en die klas van ingesteldhede vernietig. 3. Bid vir die Heilige Gees om Sy vrug te vestig in SA: Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Gal 5:22-23. Met bogenoemde probeer ons die dieperliggende probleem aanspreek. Harte verander. Kom ons bid nou oor die probleem: 1. Plaasmoorde 2. Geweldsmisdade teen vroue kinders en bejaardes. Eintlik alle geweldsmisdade en moorde. 3. Einde aan diefstal, rassisme, zenofobia, disrespek en vorme van wetteloosheid. 4. Teen korrupsie. Dat die gesteelde gelde herwin sal word. En nou vir beter lewens vir almal. Vir God se seën oor almal. 1. Ekonomie omswaai en optel. 2. Werksgeleenthede en groei. 3. Minder oor regulering van die ekonomie en einde aan kommunistiese sieninge en wetgewing. 4. Inperking van vakbonde se magte. 5. Nogmaals groei en verbetering van gewone mense se omstandighede en lewenskwaliteit. 6. Herstel na ordentlike klinieke, staatshospitale op standaard sal wees. Bid asb ook vir die gemeentes. Vir hierdie gemeente vir finansies, groei, niemand covid optel nie, ons Jesus werklik sal volg. Siekes: Jan Serfontein; Annemarie de Bruin; Andre; Willem Storm; Kobus Jordaan; Theunns Botha; Johan du Toit se pa; Elize van Heerden se ma; LC. Mag die Here jou seën.