Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Wat is die doel van ons gebede? Bid ons om iets by God te verkry? Bid ons om God tevrede te hou sodat Hy ons goedgunstig sal wees? Nee. Gebed is om tyd met God saam deur te bring. Gebed is om met God te praat omdat jy Hom lief het. En in die heel laaste plek is ons kleinkinders wat by ons hemelse Vader dit kan vra wat ons nodig het. Kom ons fokus daarop om God lief te hê. Ons doen dit deur deurlopend met Hom te gesels in ons dag, deur een op een tye saam met Hom, en deur gehoorsaamheid aan dit wat Hy sê. Bid vir elkeen wat jy weet worstel met of siekte of ander krisisse. Bid asb ook vir: Jan Serfontein; Annemarie de Bruin; LC; Kobus Jordaan; Corne; Elize van Heerden se ma; Johan du Toit se pa.. Bid ook vir almal wat jy weet wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Bid vir die ekonomie. Teen die virus se effek op mense en die land. Bid vir die regering (Die Woord sê ons moet). En as ons bid vir wysheid en insig vir die Regering kry ons dalk beter besluite na gelang hulle na God luister. Bid teen die korrupsie wat so voluit orals toeneem. Bid vir die mense om jou. In jou straat en area. Bid vir veiligheid en teen misdaad: Op die plase, woonbuurte, oral. Bid vir alle haat en onmenslikheid om weg gewas te word en vir waardes soos wedersydse respek en omgee om weer gevestig te word. Bid dat hierdie land se mense opnuut na die Here draai en om dien soos Hy gedien wil wees. Dankie vir jou volgehoue gebede.