Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Die Prediker skryf dat elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd ... Dit is sekerlik waar. Vandag dink ek dat gebed anders is: Gebed se tyd is nou en deurlopend. Elke oomblik is 'n tyd vir gebed. Elke aksie en daad moet 'n gebed wees. In alles wil ons die Here eer en loof. Dra elke dag aan die Here op en stel jouself tot beskikking van die Almagtige. Bid vir die siekes. Bid vir elkeen wat jy weet worstel met of siekte of ander krisisse. Bid asb ook vir: Jan Serfontein; Annemarie de Bruin; LC; Kobus Jordaan; Corne; Willie van As. Bid ook vir die Pretorius, de Jager en van Rensburg gesinne: Danie de Jeger, Willie Pietrse en Nico Pretorius is oorlede. Bid vir die ekonomie. Teen die virus se effek op mense en die land. Bid vir die regering (Die Woord sê ons moet). En as ons bid vir wysheid en insig vir die Regering kry ons dalk beter besluite na gelang hulle na God luister. Bid teen die korrupsie wat so voluit orals toeneem. Bid vir die mense om jou. In jou straat en area. Bid vir veiligheid en teen misdaad: Op die plase, woonbuurte, oral. Bid vir alle haat en onmenslikheid om weg gewas te word en vir waardes soos wedersydse respek en omgee om weer gevestig te word. Bid dat hierdie land se mense opnuut na die Here draai en om dien soos Hy gedien wil wees. Dankie vir jou volgehoue gebede.