Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Wat is gebed? Hoekom bid ons eintlik? Wel, gebed bring my nader aan die Here Wie reeds naby my is. Dit oorbrug my afwesigheid van God af en bring my by God Wie altyd teenwoordig ook by my is. Gebed is oorgawe aan God en God se wil en nie in die eerste plek om iets by God te verkry nie. Gebed is kuier met God, saam praat en luister en sos net in stilte by God te sit, tevrede om net saam met Hom te wees. Gebed is ook veel meer. Begin hierdie week jou gebedstyd met bewuswording. Word net bewus van God, hier by jou. Stel jouself oop vir Hom om in jo ute werk en jou te verander. Wees net volledig met al jou aandag by Hom. En begin dan dankie sê. Sê dankie vir al die mooi, blomme, kleur van die gras die tyd van die jaar, vir kos en genade en mense wat vir jou lief is. Sê dankie vir God se liefde vir jou en sê vir God dat jy Hom lief het. Bid vir God se Naam om in en deur jou heilig gehou te word, en ook in God se gemeentes en in hierdie land. Bid dat God se koninkryk in jou mag kom en jy mag leef in Sy koninkryk, volgens Sy wil. Bid dat ook jy God se wil sal leef netso volledig soos wat dit in die hemel gedoen word. Bid om vergifnis vir jou lewe. En vergifnis vir die seer wat ons veroorsaak. Vergifnis vir ons land. Vergifnis oor ons Sy liefde nie uitleef nie en nog vasklou aan haat of onvergewensgesindheid. Bid vir groei in die gemeente en vra die Here om ons te wys hoe die nuwe werklikheid sal wees, hoe moet ons aanpas en wat moet ons anders doen. Ons wil Hom leef in alle tye en plekke. Bid vir die siekes. Daar is damilies waar die hele gesin in kwarantein is met covid-19. Ander waternstig siek is met die virus. Bid vir elkeen wat jy weet worstel met of siekte of ander krisisse. Bid asb ook vir: Jan Serftein; Oba Pienaar; Chriselle; Annemarie de Bruin; Chris Feldtman; LC; Kobus Jordaan; Dallen van Greuning; Andre; Thinus Prinsloo;Gerhard Laubscher; Yvette Green; Monica van den Bergh; Willie; Corne; Bid ook vir die jansen van Vuuren gesin: Letitia is oorlede Saterdagoggend. Bid vir die ekonomie. Teen die virus se effek op mense en die land. Bid vir die regering (Die Woord sê ons moet). En as ons bid vir wysheid en insig vir die Regering kry ons dalk beter besluite na gelang hulle na God luister. Bid vir die mense om jou. In jou straat e area. Bid vir veiligheid en teen misdaad: Op die plase, woonbuurte, oral. Bid vir alle haat en onmenslikheid om weg gewas te word en vir waardes soos wedersydse respek en omgee om weer gevestig te word. Dankie vir jou getroue voorbidding.