Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ons sien skielik 'n geweldige toename in die verspreiding van die covid-19 virus. Die president het gesê 500 per uur infeksies. Baie, waarskynlik die meeste mense sal herstel. Baie nie. Kom ons bid vir die pandemie. Bid vir die regering wat baie onbeholpe voorkom. Bid vir genesings en vir geneesmiddels. Bid dat God iets groots en moois uit dit alles kan voortbring: nuwe lewe, nuwe hoop, bekerings en herlewing. God is orals en God is groter as enigiets waarteen ons te staan kom. Ek herhaal van verlede week af: Kom ons plaas die volgende sake by God neer: Ons dra ons wêreld aan God op: Die grootste nood is nie covid-19 nie. die grootste nood is 'n wêreld sonder Christus. Dieselfde met Suid- Afrika. Ons nood is dat ons nie Christus ken of gehoorsaam nie. Vandaar al die korrupsie, moorde, haat en venyn en en. Bid vir herlewing. Bid vir Christene om Christus te leef. Bid vir dade van omgee en liefde en hulp aan ander om die land te deurtrek. Ons plaas die siekes by die Here neer: 1. Almal met covid-19. Die oorkom van die virus. Die vind van 'n geneesmiddel. 2. Jan Serfontein; Oba Pienaar; Andre; Annemarie de Bruin; LC; Cornè; Ena G; SuMari; Letitia; Kobus Jordaan; Chrizelle; Willie (hartprobleme)(hy is uiteindelik terug by die huis. Dankie Here); Daleen v G; Piet Hanekom; Helena; Marthie C; Tanja C. 3. Bid asb vir die familie van Marie Vries. Roudiens hierdie week. Christo Conrade se moeder ook oorlede vanoggend. Bid asb vir troos en krag vir hulle ook. Ons bring ons oorlewing na God: Bid vir die ekonomie. Dis in flarde! Die korrupsie en die totale gebrek aan insig en kommunistiese ideologië in hierdie land verskraal die kanse op herstel. Bid dat mense kan werk en vir groei en nuwe werk en en. Bid vir geleenthede. Niks is by God onmoontlik nie. Veiligheid. Teen misdaad. Dink plaasmoorde, dink ook alle moorde, dank alle vorme van geweld, dink dan ook aan gesinsgeweld en pleit by God vir 'n pmkeer aan al hierdie lelik. Bid asb vir ouer mense wat alleen is in huise en vereensaam in hierdie tyd. Ons bid vir God se koninkryk: 1. Sy koninkryk in ons en om ons kom. 2. Sy Naam geheilig. Sy wil geleef. Getrou aan Jesus sal leef. 3. God met passie sal liefhê en op alle terreine sal dien 4. Finansies. 5. Elkeen die evangelie sal leef, 'n voorbeeld sal wees van hoe Jesus ons herskep het, en die evangelie sal oorvertel. Ons droom is steeds elke lidmaat 'n lewende getuie van Jesus Christus 6. Bid asb dat ons eie ek sal kruisig en onsself verloën en Geesvervuld sal leef. 7. Bid dat niemand Covid-19 by die eredienste sal optel as ons Sondag hervat nie. Vra die Here om elke aksie en reiniging ens te seën twv Sy Heilige Naam. Dankie vir wie jy is. Mag die Here se seën op jou rus.