Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
In Hebreers 11: 6 staan daar: "As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy die wat Hom soek, beloon." Dink hieroor. Dink oor wat is moontlik en wat is onmoontlik. Dink oor God. Moenie aan God dink as veraf nie. Dink aan God as teenwoordig. Dat Hy jou lief het en dat Hy intens betrokke is by jou lewe. As God bestaan, dan weet ek Hy is die middelpunt van my lewe. Dan maak ek besluite daarvolgens. En dan bid ek daarvolgens. Bid vir die wêreld. Die grootste nood is nie covid-19 nie. die grootste nood is 'n wêreld sonder Christus. Dieselfde met Suid- Afrika. Ons nood is dat ons nie Christus ken of gehoorsaam nie. Vandaarr al die korrupsie, moorde, haat en venyn en en. Bid vir die siekes: 1. Almal met covid-19. Die oorkom van die virus. Die vind van 'n geneesmiddel. 2. Jan Serfontein; Oba Pienaar; Andre; Annemarie de Bruin; LC; Marie Trentleman; Cornè; Ena G; SuMari; Letitia; Kobus Jordaan; Chrizelle; Cathy; George Brown; Willie (hartprobleme; Daleen v G. Almien sê sy vorder goed en dit gaan goed. Piet Hanekom. 3. Cindy is oorlede. Richard is gisteraand oorlede. Bid vir die ekonomie. Dis in flarde! Bid dat mense kan werk en vir groei en nuwe werk en en. Bid vir geleenthede. Niks is by God onmoontlik nie. Veiligheid. Teen misdaad. Bid asb vir ouer mense wat alleen is in huise en vereensaam in hierdie tyd. Bid vir die gemeente: 1. Getrou aan Jesus sal leef. 2. God met passie sal liefhê en op alle terreine sal dien 3. Finansies. 4. Elkeen die evangelie sal leef, 'n voorbeeld sal wees van hoe Jesus ons herskep het, en die evangelie sal oorvertel. Ons droom is steeds elke lidmaat 'n lewende getuie van Jesus Christus 5. Bid asb dat ons eie ek sal kruisig en onsself verloën en Geesvervuld sal leef. 6. Bid dat niemand Covid-19 by die eredienste sal optel as ons Sondag hervat nie. Vra die Here om elke aksie en reiniging ens te seën twv Sy Heilige Naam. Dankie vir wie jy is. Mag die Here se seën op jou rus.