Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Goeie dag. Die skole begin so stuk stuk aan die gang kom. Kom ons bid met nuwe ywer vir die jeug, hulle geloof en hulle veiligheid. Kom ons bid dat God hulle sal bewaar teen die Covid-19 virus. Bid vir die skole en vir onderwysers op wie die druk nou soveel groter is. Bid vir 'n onderwysdepartemente want hulle pogings rym teveel keer met onbevoeg in dienslewering. Bid vir die siekes: 1. Almal met covid-19. Die oorkom van die virus. Die vind van 'n geneesmiddel. 2. Jan Serfontein wat vandag geopereer moet word en nou wil Baragwanath eers weer toetse doen; Oba Pienaar (operasie vandag); Cindy (baie ernstig en swak); Andre (Cindy se man, ook ernstig); Annemarie de Bruin; LC; Marie Trentleman (herstel na operasie); Lydia se broer; Joop; Ena G; SuMari; Letitia; Kobus Jordaan; Chrizelle; Cathy. Bid vir die ekonomie. Dis in flarde! Bid dat mense kan werk en vir groei en nuwe werk en en. Veiligheid. Teen misdaad (regte misdaad) Bid asb vir ouer mense wat alleen is in huise en vereensaam in hierdie tyd. (Sien die artikel van Friedrich Louw onder Gedagtes ) Bid vir die gemeente: 1. Getrou aan Jesus sal leef. 2. God met passie sal liefhê en op alle terreine sal dien 3. Finansies. 4. Elkeen die evangelie sal leef, 'n voorbeeld sal wees van hoe Jesus ons herskep het, en die evangelie sal oorvertel. Ons droom is steeds elke lidmaat 'n lewende getuie van Jesus Christus 5. Bid dat niemand Covid-19 by die eredienste sal optel as ons Sondag hervat nie. Vra die Here om elke aksie en reiniging ens te seën twv Sy Heilige Naam. Dankie vir wie jy is. Mag die Here se seën op jou rus.