Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Die allerbelangrikste vir ons as gemeente en as land en vir ons elkeen as individu is om binne God se wil te lewe. Dit is ononderhandelbaar vir 'n christen. Bid asb vir God se wil om te geskied. Sy wil en Sy wil alleen. Ook oor lockdown en fases en die virus en ekonomie. Bid vir God se koninkryk om te kom. In Sy koninkryk is waar ons ten volle wil leef. Hou aan bid dat God se koninkryk in jou lewe mag kom, in ons as gemeente en inn die land, duidelik sigbaar mag kom. En so bid ons ook dat God se naam geheilig en met respek in hierdie land en deur ons self geleef en gehanteer sal word. Genesing van die virus. Red van die ekonomie. Maar weereens in al bg God se wil. Kom ons soek met self groter erns na wat Hy wil. Siekes: Jan Serfontein; Oba; Cindy en Andre; Annemarie dB; LC; Brian Quat; Joop Mudde; Sanet; Marie Tre; Die broer van t Rina Br (familie is laat kom); Matt (skouer operasie); Kobus Jordaan (operasie lewer); Chrizelle (baarmoeder kanker); Letitia (skildklier en hart); Cathy (kanker). Oorlede: Hennie van der Walt. Dink asb aan Selma en die familie. Ons bid vir: Boere en klein besighede veral. Mense wat werk verloor het in hierdie tyd en dalk ook blyplek. Die gemeente se finansies! Bid vir mekaar. Dankie vir julle gebede.