Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ek glo dat ons almal se lysie sal verskil as ons begin bid vir die land. Ek glo ons het in gemeen: Covid-19 se einde (genesing); ekonomie; werkgeleenthede. Die einde van hierdie lockdown baie vinnig mag gebeur. Dalk moet ons meer stil staan by wat God wil. Wat wil God van ons hê en wat wil God sien gebeur? Ek gaan nie antwoorde waag nie. Die liefde is die enigste roete. Ek wil wel vra dat jy tyd in jou gebed hieraan sal wy. Gebruik dalk Romeine 8: 26 en vra die Heilige Gees om namens ons by God in te tree. Bid vir die regering. God vra dit van ons. Bid vir organisasies en indiwidue en gemeentes wat koshulp verleen. Die nood is groot en sal waarskynlik nog groter word. En bid vir die ontvangers van kospakkies want hulle kry swaar. Bid dat die staat sy houding sal verander en die deure oopmaak vir hierdie werk om vrylik voort te gaan. Vrees ontstaan dat mense in depressie kan verval as dinge nie omswaai nie. Bid vir diegene wie se gemoed baie swaar trek. Bid vir die mediese spanne, dokters, verpleegkundiges, ens asook die SAP vir die werk wat hulle doen. Bid vir die virus se tot niet gaan en of 'n entstof of teenmiddel om deur te breek en suksesvol in gebruik te kom. Evangelie boodskappe mense sal bereik in stemvorm, video vorm hoe ookal en harte en lewens terugdraai na God toe. Gemeentes. Dat ons duidelik die leiding van God mag beleef. Alles verander en niks gaan meer dieselfde weer wees nie. Hoe moet ons aanpas op maniere wat God sal behaag? Gemeentes: Geestelike groei. Dat mense werklik in hierdie tyd meer tyd met God sal spandeer. Groter passie sal ontwikkkel vir God en Sy wil en Sy Woord. Bid die ons Vader gebed gefokusd: Veral die eerste drie bedes wil ek graag meer sien tuiskom: God se Naam geheilig; Sy koninkryk kom (in my en jou se lewens en in ons gemeenskap, land en dan die wêreld) En so ook met God se wil geskied. Let op: Ons bid dat ook ons God se wil so sal gehoorsaam soos in die hemel. Maak 'n besluit om te gehoorsaam. Boere en klein besighede veral. Siekes: Jan Serfontein (het baie pyn); Annemarie dB (sien more dokter en hoor oor chemo); Oba; LC; Danie de Jager (uit icu uit); Andre en Cindy; Brian Quat; Dankie vir julle gebede.