Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Goeie more. Kan ek jou uitnooi om die "timer" op jou foon te stel vir 5 minute. Jy kan dit opstoot na 20 min 2 tot 3 x per dag later. Gaan sit op 'n stil plek. En luister. Moenie dink nie. As jou gedagtes loop, laat dit net verby gaan en keer jy terug na God. Want jy sit by Hom. Saam sit julle en luister. Jy luister na wat jy hoor sonder om bv die voëls te probeer identifiseer. Jy luister met die doel om sou God iets wou sê jy stil genoeg is om te kan hoor. Daarom dink jy aan niks. Enige gedagte hoe mooi of hoe vroom wat mag opkom laat jy gaan. Jy sit by God. In Stilte en luister. Tot jou foon se "timer" sê tyd is op. Gaan dan oor tot gebed oor wat ook al in jou hart lê. (Hoekom 'n timer gebruik? Want anders gaan jy iewers begin wonder hoe lank sit ek al hier? Nou hoef jy nie want jy weet die timmer sal jou sê as dit tyf op is). Dit gaan oor 'n tyd wondere in jou lewe doen. Dit gee God meer ruimte om jou van binne af te hernu. Ek het 'n effense aangepaste lysie van laasweek af. 'n Mens se besorgdheid oor die ekonomie en dus ook nie net ons eie finansies nie maar ook die land se finansies groei. Die studies wat wys dat meer as 30% besighede sal toemaak as daar vir meer as 'n maand geen werk gedoen kan word, en meer as 80% as dit 3 maande aanhou, is kommerwekkend. As daar ooit 'n tyd was om jou voor God te verootmoedig en te bid dan is dit nou!! 1. Hongersnood in die land. Die mense is honger. Ook ons eie mense is honger. 2. Covid-19 virus. Die oorwin van die virus, die bewaring van mense teen die virus, die genesing vir die wat siek is, krag vir families. 3. Newe effekte van die virus: moeilikheid in gesinne. Kinders wat nie verstaan nie. Geen werk geen salaris. Kos nood. 4. Evangelie boodskappe mense sal bereik in stemvorm, video vorm hoe ookal en harte en lewens terugdraai na God toe. 5. Gemeentes. Dat ons duidelik die leiding van God mag beleef. Alles verander en niks gaan meer dieselfde weer wees nie. Hoe moet ons aanpas op maniere wat God sal behaag? 6. Gemeentes: Geestelike groei. Dat mense werklik in hierdie tyd meer tyd met God sal spandeer. Groter passie sal ontwikkkel vir God en Sy wil en Sy Woord. 7. Bid die ons Vader gebed gefokusd: Veral die eerste drie bedes wil ek graag meer sien tuiskom: God se Naam geheilig; Sy koninkryk kom (in my en jou se lewens en in ons gemeenskap, land en dan die wêreld) En so ook met God se wil geskied. Let op: Ons bid dat ook ons God se wil so sal gehoorsaam soos in die hemel. Maak 'n besluit om te gehoorsaam. 8. Boere en klein besighede veral. 9. Siekes: Attie (hy is Sondagaand oorlede); Jan Serf; Annemarie dB; Oba; LC; Andre en Cindy; Brian Quat; 10. Ek lees AW Tozer se woorde:"It is our wretched habit of tolerating sin that keeps us in our half-dead condition." Dit is regtig tyd om te breek met ou sondes/gewoontes wat God nie dien nie. Die evangelie staan en val daarmee en jou groei ook. Om aan te hou met sonde is om God te tart en nog verder vernietiging oor ons self te bring. Dankie vir julle gebede.