Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Die reën is so wonderlik. En dankie Here die hael was aan die kleiner kant hier. Dit het wel begin lyk of dit so effe gesneeu het. Ons is die Here innig dankbaar vir alles wat Hy vir ons doen en gee. Vat 'n tydjie en dank God. Kyk na mense wat minder het en jy sal sommer 'n baie langer lysie ontdek. Gisteraand het ek 'n video gekyk van 'n vrou in 'n eenslaapkamerhuisie(met drie kinders?) in 'n arm deel in die Kaap. Haar dankbaarheid teenoor die Here en haar passie vir God was opmerklik. So ook haar vreugde. Wat my baie opgeval het is dat sy sê sy maak nie staat op haar salaris nie maar op God. Sy het nog nooit sonder kos gaan slaap nie en sy dank God daarvoor. Kom ons bid in hierdie onseker tye: 1. Ons ons sekerhede by God sal vind. 2. Dat die Here vir ons steeds sal voorsien. 3. Vir groei in geloofsvertroue. 4. Dat ons die ekstra tyd wat ons skielik net het, sal gebruik om met die Here saam te kuier. 5. Ons siekes: Jan S; Oba; Attie; Annemarie; Bryan; Amanda (V); Andre en Cindy; LC; asook die ander wat jy van mag weet. Kom ons fokus dan nou op die olifant in die vertrek wat baie ontken dis daar, ander liefs net grappies oor maak, ander in vrees en bewing oor is: 1. Jou lewe is nie in covid-19 se hand nie. God is in beheer. Vertrou op Hom. Bid hieroor. 2. Bid vir gesinne wat geraak is: siekes vir genesing. Troos waar familielede oorlede is. Nie net by ons nie maar regoor die wêreld. 3. Bid vir mense wat nie betaal word in hierdie tyd nie. Klein besighede wat dalk bankrot kan gaan ens 4. Bid vir die gesondheidswerkers: Dokters, verpleegkundiges, hospitaal personeel, laboratorium personeel en en en. 5. Bid vir ander werkers wat as noodsaaklik beskou word: SAP; SADF; Sekere fabrieke, kosverskaffers ensomeer. 6. Dink aan families wat sterfte beleef in hierdie tyd. Begrafnisse is 'n nagmerrie om te reel en te hou. Dit trautamiseer families et meer en meer. 7. Ons bid vir die boere. Hulle veiligheid en werking in hierdie tye. 8. Bid vir ouers. Lockdown bring families nader aan mekaar maar kindertjies verstaan nie at gebeur nie. Hulle verlang na oupas en oumas. En raak onmoontlik. Mag die Here julle elkeen seën en mag die Here ons gesond hou en ons lewens spaar.