Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Die corona virus. Dit is op elke voorblad en op baie se gedagte. Mense raak beangst en gaar kos ens op. Bid vir vrede in die gemoed. Bid vir rustigheid wat net kan kom met die besef dat God in beheer is. Nog niks het verander nie. God is steeds in beheer. Die virus gaan as dit versprei die hospitale se vermoee erg toets. Bid vir hospitaal personeel en vir die voorsiening van medisyne. Meer belangrik is om te bid dat die virus hier in Afrika 'n vroee en vinnige dood sterf. Die Rand val en skielik is daar 'n anderse besef oor hierdie virus se newe effekte. Ek vra dat ons sal bid nie net vir genesing nie maar ook vir die vernietigende effek wat dit op ons ekonomie gaan hê. En van die ekonomie gepraat, bid asb steeds oor ons land. Die afgradering van Sasol se beleggerstatus het Sasol se aandele skrikwekkend laat val. Dit is asof van oral 'n klomp negatiewe goed op ons land en sy mense afsak. Bid tot die Here vir hierdie land en haar mense. Bid vir God se kinders. Bid dat God se kooninkryk sal kom en Sy wil sal geskied in en deur ons elkeen. God kan dit gee. Vra dit by Hom. Ek sluit aan by verlede week se voorbidding: As ek kyk na wat die Here ons geleer het om te bid, die Ons Vader gebed, dan wil ek drie dinge uitlig. Hierdie drie dinge, as ons getrou hiervoor bid, sal vernuwend op ons en die gemeente inwerk. Jy besef seker ook dat hierdie drie dinge deel is van die deel van die gebed wat oor God gaan. As ek Matteus 6: 33 lees waar Jesus ons aanmoedig om eerder die koninkryk van God te soek met die wete God sal al die ander dinge toevoeg, dan is dit wat ek vandag doen: Ek soek die koninkryk van God eerste. Hier is die drie sake: 1. Laat U Naam geheilig word. Ons wil in hierdie gemeente so leef en so wees, dat dit nie oneer aan God se heilige Naam bring nie. Ons bid daarom dat elke daad en woord en gesindheid sal kom uit 'n plek wat die aller heiligste respek en agting vir God het. Bid asb dat dit so sal wees vir ons. 2. Laat U koninkryk kom. Ek het hierdie versugting, hierdie verlange dat hier in Deneysville en omstreke mense iets van die wonder van God se koninkryk mag beleef, 'n Koninkryk is natuurlik daar waar dinge gebeur soos en hoe en wanneer die koning dit wil. Bid asb dat in hierdie gemeente, en dus elke lidmaat se lewe, ook jou en my lewe, alles sal gebeur presies soos God dit wil hê. Hierdie is natuurlik 'n dissipelsgebed. 'n Dissipel begeer dat God se ryk mag kom en mag uitbrei en groei. 3. Laat U wil geskied. Wat ek vra jy voor moet bid is: a) Dat jy elke dag jou keuses sal maak, jou dinge sal beplan, 100% volgens God se plan en wil. Dat jy / ons dit wat God wil sien gebeur net so presies en volledige ne noukeurig sal doen soos wat dit in die hemel gebeur. ek dink jy besef hoe baie ons hieroor moet bid. Dit is nie vir vinnig opsê en aanbeweeg na ons daaglikse behoeftes toe nie. b) Bid nou dieselfde vir elkeen in hierdie gemeente. Ons dra mekaar hierin. Dink jou nou in hoe anders kan Deneysville en omgewing wees as ons aanhou bid hiervoor en aanhou om self dit te leef. so kom ons maak hierdie drie bedes nie net gebede nie maar gewoontes wat ons leef ook. Ek het 'n droom, en ek sal dit waardeer as jy saam met my hiervoor sal bid: Ek droom dat elke lidmaat van Deneysville gemeente so passie vol en lief sal wees vir God, gevul met die Heilige Gees dat ons almal God 100% sal dien soos God dit wil. Dat niks teveel gevra of teveel moeite sal wees as dit oor die Here gaan en oor Sy werk. Kan ek jou uitnooi om deel te wees van hierdie droom ook. Ons bid ook vir: Reën. Opvolg reën en vol damme en nat lande en veld. Goeie oesjaar vir die boere. Dis ons kos van more wat ons hieroor bid. Veiligheid op die plase. Veiligheid orals in die land. Vir misdadigers en korruptes en bose mense om tot bekering te kom. Vir werksgeleenthede. Groei in die ekonomie ten spyte van die regering. Bid vir klein sake manne wat swaar trek onder die ekonomie en loadshedding en arbeidswetgewing. Bid vir vrede in die land. Skole en onderwys. Siekes: LC; Oba; MagdaB; JanSerf; AttieB; SuMari. Annemarie dB; Almien; Mione;