Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ons begin hierdie week met iets om oor te dink. Daarna volg die voorbidding. Dit is 'n epos vanaf Stephan Joubert Soek ons na God, of soek ons net goeters by God? deur Stephan Joubert Baie bidders is nie regtig op soek na ’n dieper verhouding met die Here nie, hulle soek net na antwoorde op hulle vrae, en na deurbrake. God is vir hulle die Groot Voorsiener. Hy moet gedurig regstaan met antwoorde, deurbrake, wonderwerke, geskenke en ander goeters. Te veel mense soek nie na die Brood van die lewe nie; hulle soek na gewone brood. Vra maar vir die inwoners van Kapernaum daar in Johannes 6. Hulle was nie tevrede om ’n eenmalige broodvermeerdering uit Jesus se hand te beleef nie. Hulle wou van nou af elke dag brood hê. Om net in Jesus as die Brood uit die hemel te glo, was nie genoeg nie. Brood eerste, Jesus tweede … gewone brood, daarna lewende brood. Te veel mense is soos hulle. Hulle soek net na antwoorde vir hulle eie probleme by God. Hulle soek nie vir God Self nie. Boonop moet hierdie antwoorde vandag nog opdaag. Soos wat iemand vir ’n vriend van my gesê het: “ek het nie heeldag tyd om op God te wag nie.” Hou asseblief op om so te bid. Dit is selfsugtig. Laat God self vir jou genoeg wees, dan sal jy beleef hoedat jou gebede ook verhoor word! Dan sal jy rus vind aan Sy voete. Voorbidding: Bid asb dat ons almal meer sal fokus op ons verhouding met God. Bid dat ons God nog liewer sal hê, en in Sy liefde sal toeneem. Bid dat ons leër aan onsself sal word en Jesus meer in ons kan wees. Dit beteken dat ek/ons alles wat plek inneem in ons lewens wat Jesus toekom moet verwyder sodat ons Verlosser ten volle in ons kan leef. Bid dat God se wil in ons lewens geskied en dat ook ons Sy wil sal uitleef. Bid dat God se koninkryk sal groei in ons en om ons. Bid vir die siekes: Marius; Almien; Sumari; Oba; Annemari; LC; Attie; en die ander siekes. Dasch is die week oorlede. Bid asb vir sy familie. Bid vir die eredienste: ons wil Skrifgetrou preek, sonder verdraaings, getrou aan die leiding van die Heilige Gees. Ons wil groei. Ons wil uit die hart uit God kan loof en prys. En ons wil onder Sy Woord en Heilige Gees in Sy samekomste breek met ons verkeerde idees en ingesteldhede. Die reeks uit Matteus vra ernstige gebed dat God ons sal vernuwe. Bid asb hiervoor. Bid dat ons sal toeneem in die oorgee van die beheer van ons lewens aan die Heilige Gees. Bid asb deurlopend bg vir ons almal. Vir die land: Bid asb teen die grondhervorminngsplanne van die ANC. Dis ernstig. Sal die ekonomie ontwrig en nog erger hartseer veroorsaak. Waar begin 'n mens? By bekering. Dat die politici tot bekering en insig sal kom. Dat ons 'n land sal wees wat die Here dien. Bid teen misdaard, korrupsie en al die geweld, haat en lelikheid. Bid vir ekonomiese groei en omswaai selfs ten spyte van die huidige regering se onvermoeës. Bid vir die onderwys. En vir onderwysers en kinders en beleidmakers. Bid teen die NHI (gesondheid) en dat hulle eerder die huidige hospitale en mediese dienste sal ophef tot die vlak van die privaat hospitale. Groete