Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Sondag vier ons nagmaal. Wat 'n voorreg en wat 'n herinering aan hoe groot die prys is wat Jesus vir ons lewens betaal het. Sover die week loop ek my vas in tale verse met een ding in gemeen: bely jou sonde. Op twitter skryf iemand dat as jy dink iemand anders is dalk die sondigste mens wat jy ken, dan ken jy nog nie jouself nie. Hierdie week is dit goed om gehoor te gee aan wat Paulus skryf in 1 Kor 11: 28 "Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink, ..." Ek stel voor dat jy die Here vra, want Hy ken jou die beste, vra om jou in selfondersoek te lei. kom ons maak skoon. kom ons maak erns met die bely van al ons sondes by die naam met die doel om dit te laat staan, daarmee te breek. Mag die Here in hierdie proses vir ons genadig wees. Bid asb vir: Sondag se nagmaalsdiens. Ook vir die jongmense wat belydenis van geloof aflê. Bid vir hulle geloofspad vorentoe: vir groei, vir ingestel op die Here bly, vir groei in liefde en geloof en die vrug van die Gees. Bid dit ook vir hul ouers en elkeen wat die diens bywoon. Bid vir die gemeente se finansies. More, Woensdagaand, word die begroting gedoen en die vooruit-berekeninge lyk nie goed nie. Dank die Here dat hierdie jaar aansienlik beter gegaan het en vra Hom om ons te seën sodat ons met 'n positief kan aflsuit. Bid vir gemeentelede se finansies. In hierdie moeilike ekkonomiese klimaat vra die Here om hulle so te seen dat hulle ruim vir Sy werk kan gee. Bid vir die jeug. Hulle studies. Hul morele kompas in hierdie tye. Hul groei in die Here. Bid vir die dissipelskapreeks waarmee ons nou besig is. Bid vir die kerkraad. Hulle werk vir die Here vra baie opofferings. Opofferings wat baie mense nie bereid is om te maak nie. Dra hulle asb in gebed. Vir die land Ekonomie om positief te draai. Werkskepping Einde aan misdaad en korrupsie. Sapd Onderwys Teen grondhervorming. Reën. Bid asb vir die siekes. Die Here weet presies wie hulle is. Vra Hom vir genesings.