Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
MATTEUS 6: 9. U Naam geheilig. Verlede Sondag het ons drie dinge geleer: • “Nie soos” heidene en skynheiliges nie • Dit gaan in gebed oor God en nie oor jou en my nie • God sien. God sien in verborgenheid in. Vandag begin ons met die Ons Vader gebed self. Kom ons lees MATTEUS 6: 9 – 15 Vir die meeste mense is gebed ‘n manier om iets te verkry. Boeke is al geskryf oor hoe om te kry waarvoor jy vra. Maar wat as gebed se fokus iets heel anders is? Wat as gebed vir ons wat bid wil verander? Wat as gebed in die eerste plek is om te word en nie om te verkry nie? Wat as hierdie gebed nie ‘n resep is om jou gewete te sus of om iets te kry nie. Maar ‘n versoek tot God is om jou lewe nuut te maak? So twee weke terug dink ek aan my skoonseun daar ver in Nieuw Zeeland en ek stuur ‘n Whatsapp boodskap vir hom. Die volgende oomblik toe lui my foon. ‘n Whatsapp oproep wat sê hello pa. Ruan wat verlang, wat wens hy was hier by ons. En lus vir gesels. Onthou julle nog wat ‘n poskaart is? Wie weet nie? So gaan die familie en vriende see toe vir ‘n vakansie. En dan stuur hulle vir jou ‘n poskaart: Wens julle was hier. “Wish you were here.” In daardie dae was die posdiens nog blitsig. So die mense by die huis het gou die kaartjie gekry. En see vakansies was nog goedkoop. Mense het vir twee weke gegaan. As die mense nou uit beleefdheid die poskaart gestuur het, sommer op die eerste dag al, net sodat hulle dit nie vergeet nie, dan was die gevaar dat jy dit dalk die ek mis jou ding ernstig opneem groot. So hulle moes ligloop of dalkies daag jy en daardie einste familie op. Jy stuur nie die eerste dag al die kaartjie nie want net nou kom die mense rêrig. Tensy jy hulle rerig rerig mis en graag by jou wou hê. “Ons Vader wat in die hemel is” is meer as net ‘n poskaartjie van vêr af. Want God is nie vêr nie. God kies om jou Sy tempel te maak. En God kies om jou een van Sy geliefde kinders te maak. En jy weet dat dit God bitter baie gekos het om ons Syne te maak. God het van Sy kant af hierdie Vader kind verhouding kom skep en moontlik maak en God hou dit in stand. Dis soos die poskaart, net dis nie van vêr nie. Hebreers 10 sê ons het die vrye reg om na God se troon te gaan. En dit word bedoel. Jesus leer ons om op die “poskaart” te reageer deur met God te praat. Soos Ruan op my boodskap. So kan ons dadelik reageer, ten alle tye met die Skepper van alle dinge en stelsels praat. Dit is ‘n gebed vir gelowiges. Hoe kan ‘n ongelowige bid “ons Vader”? As ek Ruan nog so ‘n oomblikkie kan misbruik: Hy het die kontak nodig. Maar ek en hy sou nie gepraat het as daar nie ‘n verhouding was nie Soos ons nodig het om met God te praat. Dit is hoe jou binneste asemhaal. Gebed is die asemhaling van jou siel. En soos gewone asemhaal die belangrikste ding wat jy op ‘n dag kan doen. Die poskaart. Jy stuur nie vir vreemde mense ‘n poskaart nie. Ook nie vir kennisse nie. Jy stuur vir familie en vriende. Geliefdes. Dit is hoekom Ruan ‘n WhatsApp gekry het, en ek ‘n oproep. Juis omdat hy nou een van my seuns is, en ek sy pa het die gesprek gebeur. Gebed is ook so. Ons Vader begeer dat ons by Hom sal wees. En ons word herinner dat ons nie hier moet tuis word nie. Ons behoort nie hier nie. Ons is vreemdelinge. Ons behoort by God. En op God se tyd kan ons by Hom gaan wees. In die hemel. Tot dan, soos ons bid, ontdek ons dat God reeds by ons is. Hier. Hier by ons. Juri Gaganov die eerste man in die ruimte, het met smaak propagande gemaak dat hy oral in die ruimte gekyk het en geen hemel gesien het. Wel Juri, die hemel is dalk net hier om ons. ‘n Onsigbare dimensie. En volgens Openbaring sal die nuwe hemel en die nuwe aarde hier op aarde kom. Geheilig. Kom ek sit ‘n sketsie op: Ons kry die poskaartjie, per hand afgelewer, “Ek wens jy was hier by My”. En ons dink met verlange dis nog daarvoor iewers in die toekoms. (Koninkryk). Maar ons het in hierdie wêreld dik mure om ons self gebou. Om te oorleef, natuurlik. Om te keer teen al die seerkry hier om ons. En ja ook as gevolg van seerkry. So niemand kan in nie. En ons hou God ook uit. En die lig wat ons is kan ook nie uitstraal nie. En as jy kyk op die prent dan is ons mooi in die wêreld en nog buite die koninkryk geleë. Maandag meer hieroor. Ek sê dit want God is heilig. 1 Petrus 1: 16 bv “Wees heilig want Ek is heilig.” So as ek bid laat U Naam geheilig word, dan bid ek dat God oa die mure om my moet wegkap sodat ek Sy heiligheid kan uitstraal. En sodat Hy my totaal kan reinig. Want daai mure om jou is gemaak van alles wat God nie van hou nie: Haat; weier om te vergewe; sal nie lief hê nie; Hier is nog ‘n aspek wat jy in ag moet neem. Jy is God se kind. Wat jy doen en leef reflekteer op God. Ons Vader moet in ons lewens begin en Sy Naam hier heilig, in my en jou heilig. En ek en jy kan dit nie self doen nie want ons het daardie mure so gebou dat ons dit self nie kan afbreek of daarvan ontsnap nie. Ons as God se kinders is draers van God se Naam. Ons het nodig om dit geheiligd in ons lewens te behou. Laat. Die woordjie “laat” kom voor by die eerste drie bedes. Dit sê prontuit, reguit ek en jy kan dit nie doen nie ons moet God smeek om dit te doen. Kan ek net iets sê oor Sy Naam? In Bybelse tyd is jou naam nie maar net iets om mee na jou te verwys nie. Dit het jou hele menswees ingesluit. Dit het alles van jou gesê. Amper soos jou CV. Dit staan vir alles wat jy is. My ouers het my geleer jy sleep nie jou naam deur die modder nie. Jy tree altyd so op dat mense positief na jou kan verwys. As jy bid dat God se Naam geheiig word dan gee jy erkenning aan Wie God is, Skepper, Almagtige, Onderhouer, Ewige en en en. Hierdie is nie Eksodus 20 nie. Daar mag jy God se Naam nie ydelik gebruik nie, met goeie rede. Hier is dit positief. Jy nooi mense uit om saam met jou God in Sy grootheid te verheerlik. Ver-heer-lik. Jy is besig om te sê God is die Here, die Eienaar en Besitter ook van jou lewe. Dat jou lewe se doel is om God te eer en dien. En omdat jy bid “ons” Vader ... kyk jy wyer en bid jy wyer as net jyself. Jy bid dat die gemeenskap saam met jou God sal liefhê en so sal leef dat dit God verheerlik. “U Naam geheilig” vul ons met verwondering en dankbaarheid want ons raak intens bewus, opnuut bewus, van Wie ons Vader is en hoe heilig Hy is. Dit is my gevoel – jy bid hierdie deel stadig – soos as jy iets nuuts en lekkers proe wat jy solank moontlik die smaak wil ervaar. Ons bid die deel stadig om diep bewus te raak van hoe besonders en aangrypend ons Vader is. As ek die Grieks letterlik vertaal dan staan hier “laat geheilig, U Naam”. En in die volgende twee bedes staan die laat ook voorop. Dit wil onderstreep, dit is iets wat God in ons doen. Die tydsvorm van die werkwoord – aoristus imperatief—dui op ‘n dringendheid. ‘n Massiewe versugting van ons kant af dat hierdie ding moet gebeur – ‘n intense honger om te mag beleef dat God se Naam in my lewe geheilig word. Dat ook ek so sal leef dat die mense sal ontdek deur ons lewens: God is heilig. Ons glo dit. Ons leef met so ‘n uiters grootse respek vir God. Jy kan dit sien en jy kan dit hoor in ons totale menswees. Ek weet Jesus het in Matteus 16:48 die woordjie volmaak gebruik. Maar dit som dit mooi op: Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.