Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Spreuke 4: 23 en 27: 16 Ons sluit weer aan by verlede Sondag se boodskap. Die een oor die sonde wat so lekker in ons lewens kan opduik en moeilikheid maak. En ons wat God wil dien en volgens Sy Gees se leiding wil leef maar dan presies die teenoorgestelde doen. Vanoggend kyk ons diep na binne. Ek het die beeld van die oumatjie met haar “koffie” gebruik. Die swart koffie wat toe eintlik brandewyn en coke was. Ons het as kind op die plaas ‘n tuinier gehad, hy was bekend as Ou Simon. Sy verantwoordelikheid was die die uitgebreide groente tuin wat hy na moes omsien. Hierdie snaakse verskynsel het plaasgevind. Nie alles wou groei nie. Party plante het gedy. Ander het gesukkel. Dieselfde grond en toestande. Alles gunstig vir die tipe groente. Toe kom ons agter. Net die groentes waarvan Ou Simon gehou het het dit gemaak. Enige iets wat vir hom volksvreemd was of hy nie smaak voor gehad het nie, het dit nie gemaak nie of ‘n sukkel bestaan gevoer. 1. Net dit wat ek van hou Ons maak ook so. Ons lees die koerante wat sê wat ons wil hoor. Ons herhaal uitsprake wat ons aanstaan en die res haat ons. En op die ou einde groei ons nie. En dit raak ons geloof. Want in die groente tuin van ons lewens, kry die wêreldse dikwels meer aandag en die plesierige ook. Maar die wil van God word geignoreer of afgeskeep. En dan verstaan ons nie as God al hoe meer afwesig raak in ons lewens nie. Ons is gelowiges, maar die vrugte is nie daar soos dit moet nie. Ons lewer nie ‘n maksimum oes vir God nie. Ons geloof survive so op sy eie. Wat die prentjie erger maak is die feit dat ons soos die oumatjie raak wat toe nie koffie gedrink het nie maar ‘n brandewyntjie en coke skelm in haar koffie koppie geskink het. Jy raak vals. En as iets verkeerds gebeur dan kom al die lelik uit. En dit kos Jesus nog meer slae en veroordeling. En dit dryf ander mense weg van God af. Dit is nie waar ons wil wees nie. Ons wil God vereer deur hoe ons lewens en deur hoe ons is. Ons wil die stryd teen sonde in ons lewe wen. Ons het laas week gesien ons moet bid daarvoor. En ons moet sonde bely en die Gees se hulp inroep. Kom ons gaan nou ‘n treetjie verder. As jy meer soos Jesus wil word dan moet jy jou gedagtes meer vul met wat van God af kom. 2. Wen jou sonde so Kyk na wat in jou hart aangaan. Kyk wat groei daar en wat is verwaarloos. In ons oorlog teen ons eie-ek en die sonde, gaan die sonde mooi groei en geloof word deur die ou Simon in ons verwaarloos. As jy jou eie-ek pamperlang dan gaan jou eie ek bly wen en jy gaan bly sit met dieselfde frustrasie waarmee Paulus in Romeine 7 gesit het: 15 Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. (Rom 7:15) Jy gaan met die beste voorneme hier uitstap, selfs voor die kansel belowe jy gaan dit of dat vir die Here doen, ouderlingswerk, of diaken, of net as lidmaat belowe om God getrou hier dien. Maar daar kom niks daarvan nie want jy voer die hond die verkeerde hond, die hond van eie gerief, of persoonlikhied of werk ... Kom ons kyk meer noukeurig na ons Skrifgedeeltes. Spreuke 4: 23 23 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. Vir ons is die hart die plek van emosie. As jy met jou hart musiek maak dan speel jy nie net tegnies korrek nie maar jy speel met gevoel en dit trek mense nader. In Spreuke is die hart die plek van ons denke.Jou verstand. Wat ons dan hier leer is om ons verstand te gebruik om ons wil te beheer. Dit is eintlik heel eenvoudig. Dit wat jy heeldag jou gedagtes mee vul, is dit wat jy more of oormore in ‘n ombewaakte oomblik mee gaan reageer. “ Wat die hart vol is, loop die mond van oor.” As jy heeldag, of gereeld, gesprekke in jou kop het met die taxi’s en ander mense wat dom ry n die verkeer, dan gaan jy iewers ‘n uitbarsting hê en dan soos ‘n Vicky Momberg in die tronk beland. Om dan te sê: Maar ek was kwaad! Of ek kon myself nie help nie, ek moes net. Gaan jou net mooi niks help nie. Op ‘n ander vlak: Dit is hoekom ons dinge in ‘n erediens hoor en ‘n besluit neem: ek gaan my lewe nou so en so verander, maar dan by Dinsdag is dit alles weer vergete. Die redes kan baie wees. Dit is dalk nie so belangrik vir ons nie. Of nog erger Jesus is dalk net nie so belangrik vir jou dat jy jou lewe sou wou verander nie. Of die week het dol geraak en daar was nie tyd om jou besluit weer te deurdink en op tevolg nie. Die put is ons lewens bly soos dit is. Onveranderd. Iemand het gesê dat iets wat nie groei nie is besig om te sterf. Leonard Sweet once said, “Stagnation is death. If you don’t change, you die. It’s that simple. It’s that scary.” Ons uitdaging is om te groei en meer te word soos Jesus. Romeine 8 en Galasiers 4. 3. Laat Jesus groei in jou Dit kan seker ook wees dat ons verandering vrees. The safety in routine and the danger in change are both false. They’re constructs of your own creation. They only exist in your mind. As historian Leonard Sweet once said, “Stagnation is death. If you don’t change, you die. It’s that simple. It’s that scary.” Dit kan dalk ook wees dat ons dalk onseker is oor God en of dit wat God verwag regtig die beste vir ons is. Bv Jesus sê: Jy moet mense hulle oortredings teenoor jou vergewe. Of jy moet jou vyand lief te hê. Dalk is dit die feit dat jy jouself moet verloën maar hierbinne skree alles daarteen. En jy weet Jesus het gesê: 46 “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? Die woorde laat jou skuldig voel. Maar jy ignoreer steeds die opdrag om lief hê of die opdrag om te vergewe. En heilig wees soos ons hemelse Vader heilig is, laat ons maar ook verby gaan. Jy weet die Here Jesus het dit gesê. Maar ... As die besluit om Jesus te gehoorsaam nie uit jou hart uit kom nie. Dan gaan daar dadels van kom. Niks. Dit moet jou gedagtes vul. Alles verterend wees vir jou. Anders gaan dit gaan soos met die meeste mense se diëte. Die mense wat regtig by hul nuwe eetplanne bly is meer dikwels mense wat diep binne besef dis nou of reg eet of doodgaan. Spreuke sê vul jou gedagtes met God. Jesus het gesê: Matt 15: 19 Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery. 20 Dít is die dinge wat 'n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak 'n mens nie onrein nie.” HY het net voor dit gesê dis nie wat jy eet wat onrein maak nie. Dit is nie wat by jou mond ingaan wat die probleem veroorsaak nie maar dit wat by jou mond uitkom. Pas op waarmee jy jou gedagtes vul. Moenie toelaat dat jou gedagtes ‘n asblik word vir ander mense se idees en woorde nie. Vul jou gedagtes met Christus. Paulus stel dit mooi in Filippense 4: 8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. 9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees. Vul jou gedagtes met wat mooi en goed is. Vul jou gedagtes met dit wat, as daar iets onverwags jou koppie stamp, die regte soort goed sal uitspat. Mooi goed. Christus goed.