Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Sara is gebore as Sarai in die land van Ur van die Galdeers. Vandag staan dit bekend as Irak. En reeds in hoofstuk 15 lees ons dat God aan Abraham belowe dat Hy ‘n baie groot nageslag sal he. Maar, se Genesis 11 vir ons, Sarai was onvrugbaar. En om te verstaan wat dit beteken het is dit belangrik dat ons net so vlugtig kyk na die kultuur van daardie tyd. 2. Om geeer te word was baie belangrik en om oneer oor jou familie te bring was ‘n geweldige skande. Onvrugbaarheid was een van hierdie dinge. Dit was om jou familie in oneer te bring. Skandelik gewees. Dit het gedui op iets onvolledig en het baie keer geeindig in egskeiding. 3. Verder moet ons in gedagte hou dat Sarai afkomstig was van die land Ur wat ‘n heidense land was. Hier het afgodediens floreer. En daar was onvrugbaarheid nie net ‘n fisiese probleem nie, maar is ook beskou as ‘n geestelike probleem. Dit het daarop gedui dat die vrou iets gedoen het om die gode kwaad te maak. En dis hoe Sarai tot nou toe geglo het. 4. En dan, nadat God reeds ongeveer 10 jaar vantevore vir Sarai beloof het dat sy vir Abraham kinders sal verwek, raak sy ongeduldig. Sy is darem al 90 en Abraham ‘n volle 100 jaar oud. In hoofstuk 16 lees ons dat sy Abraham versoek om ‘n kind by haar slavin Hagar te baar. En hierdie was nie iets ongewoon in daardie tyd nie. 5. En dan raak Hagar swanger en Ishmael word gebore. En hierdie toon vir ons dat daar nie ‘n probleem met Abraham was om kinders te verwek nie. Die probleem het by Sarai gele. En dit maak haar nog meer teneergedruk. Hieruit groei ‘n jaloesie by Sarai teenoor Hagar. Soveel so dat 16:6 vir ons se dat Sarai vir Hagar so sleg begin behandel het dat Hagar weggeloop het. 6. Maar in hoofstuk 17:19 kom beloof God weer aan Abraham dat ‘n seun uit Sarai gebore sal word. God bevestig dit met die feit dat Hy haar naam verander van Sarai na Sara, wat beteken ”moeder van nasies”. En terwyl Sara se kultuur en tradisie haar optrede met Hagar verstaanbaar gemaak het, was dit steeds verkeerd. Haar ongeduld en gebrek aan geloof in God se beloftes het ‘n invloed gehad op die geskiedenis van die hele mensdom. 7. Ishmael was 14 jaar oud toe Sara uiteindelik swanger raak. 25 Jaar het sy gewag sedert God die eerste keer aan haar en Abraham die belofte gemaak het. Isak is gebore. Maar tot hier was dit alles behalwe maanskyn en rose. 8. Sara het met min geloof geleef in die feit dat God wel kan doen wat Hy beloof het. Toe die Here haar en Abraham besoek en uiteindelik bekend maak dat hulle oor ‘n jaar ‘n seun sal he, het sy gelag hieroor. Haar geloof in God was op hierdie stadium heeltemal op. Sy het niks meer geloof oorgehad nie. TSV God se beloftes. 9. En as gevolg van haar gebrek aan geloof in God het sy haar eie planne gemaak. Maar God pas nie aan by haar planne nie. Hy verander nie sy planne om by hare aan te pas nie. God is beheer van die verlossing van die mensdom en Ishmael is nie deel van daardie plan nie. Isak is. 10. Vanuit Isak sou Jakob en Esau gebore word, Jakob sou 12 seuns he wat die leiers van die 12 stamme geword het. En vanuit die stam van Juda sou Dawid gebore word en later Jesus self, die Verlosser van die totale mensdom. Maar alles omtrent Sara was nie net negatief nie. Sy was ‘n ma wat verlang het daarna om ‘n kind te he, soos so baie ma’s vandag. Soos elke ma wat hier sit vandag op een of ander stadium in hulle lewens verlang het daarna om ‘n kleintjie in die wereld te bring. 11. Ons kan amper haar ongeloof verstaan. 25 jaar is ‘n baie lang tyd. Sara, die moeder van baie nasies, se lewe kan ons vandag baie leer. Ek is seker hier is moeders en oumas en potensiele moeders wat uself in Sara herken vandag. Steeds bekommerd oor hul kinders, selfs al is hulle dalk al getroud. 12. Soms ook maar ongelowig omrede hul gebede vir hul kinders net nie beantwoord word nie. Here, my kind is vasgevang in ‘n ongelukkige huwelik, my kind verlang ook na ‘n kindjie maar niks gebeur nie, Here my kind is deurmekaar met die verkeerde maats, Here, my dogter is swanger en sy is nie getroud nie en die mense verwerp haar, selfs die kerk verwerp haar! Waarom DOEN God nie iets nie. Ek weet ek het baie foute, maar ek vra maar net Here? 13. Ma’s, Ouma’s, onthou u hierdie gebede? Miskien kan ons ietsie leer by die ongelowige en ongeduldige Sara. Want onthou, selfs ten spyte van al hierdie tekortkominge het God belowe om Sara te seen met ‘n seun. Hy het belowe om haar te seen deur nasies en konings uit haar te laat voortkom. Sara se tekortkominge het God nie gestop om sy plan uit te voer nie. 14. Kom ons kyk dan wat kan u as ma en ouma vandag by ‘n vrou soos hierdie leer. ‘n Vrou wat in baie opsigte maar miskien maar dieselfde as u is vandag. 15. Eerstens, God sal doen wat Hy belowe het. Niks staan in sy pad nie. God het belowe om deur Abraham en Sara ‘n groot nasie voort te bring. Dit het egter gelyk asof Sara se onvrugbaarheid dit onmoontlik sou maak. En wat Sara moes leer moet ons vandag onthou: God is die God wat die onmoontlike moontlik kan maak. Juis daarom vra die besoekers vir Abraham of iets dan te buitengewoon vir die Here is. 16. Tweedens, leer ons dat God onvolmaakte mense gebruik. Beide Abraham en Sara word in die gallery van geloofshelde in Hebr 11 ingesluit. Maar ons almal weet dat hulle lewens alles behalwe mooi en perfek was. Dit was eerder ‘n lewe wat soos meeste van ons s’n vandag lyk. 17. Derdens, moet ons verstaan dat God sy doel bereik op SY manier. Sara het gedink sy gaan God uithelp met die plan, maar God het steeds nie afgewyk van sy plan nie. Hy het nie gese, goed Sara, noudat jy reeds begin het met die verlossing van die wereld, sal ek nou maar net by jou inval nie. Nee, God se plan is sy plan. En dis wat geloof ons leer vandag. God is God, en sy wil kan nie gemanipuleer word nie. 18. Vierdens, God is getrou. Die verhaal van Sara leer ons dat God getrou is ten spyte van Sara en Abraham se ontrou. Paulus herhaal hierdie feit in die 2 Tim 2:13: As ons ontrou is – Hy bly getrou! En hierdie weerle maar net die ou kerktaal spreekwoord wat ons vir mekaar in die kerk geleer het. God is getrou aan ons??? Jesaja se vir ons God is getrou aan HOMSELF. Hy het nie nodig om aan ons getrou te wees nie. Hy is GOD. Maar omrede Hy getrou is aan Homself, daarom sal God nooit sy plan met hierdie wereld laat vaar nie. 19. Maar God begeer gehoorsaamheid van ons. Sara en Abraham se lewens sou baie beter gewees het as hulle gehoorsaam was aan God en Hom vertrou het. As hulle God maar net op sy Woord geneem het. En ons vandag, ons het ook keuses. Ma, Ouma, as God reeds vir u gese het dat u moet volhard in gebed vir u kind, neem Hom op sy Woord vandag. Moenie op u eie insigte staatmaak nie. Vertrou Hom. 20. God se tydsberekening is anders as ons s’n. Die van u wat hier sit en al ‘n lang pad saam met God loop, gaan weet. As u soos ek is moes dinge al gister gebeur het. God werk nie so nie. Op sy tyd gebeur dit wat Hy weet die beste is. Sit u met ‘n dogter in ‘n verkeerde verhouding, of ‘n seun met verkeerde maats, of ‘n dwelmverslaafde kind? Volhard in gebed en vertrou God om u gebede op sy tyd te beantwoord. 21. En die laaste en sekerlik die belangrikste les wat ons kan leer uit die lewe van Sara is die volgende: Alles loop uit op Jesus! Paulus verduidelik in Gal 4 dat ons net soos Isak kragtens God se belofte aan Sara, vandag kinders van God is. Sara en Hagar se verhaal is maar net deel van ‘n baie groter verhaal. Dis baie meer as net twee vroue wat op die oorlogspad was met mekaar. Hulle lewens was integraal deel van God se verlossingsplan met hierdie wereld wat uiteindelik uitgeloop het op Jesus Christus. 22. Die verhaal van Abraham, Sara en Hagar leer ons van geloof in God en vertroue in God. Dit leer ons dat niks onmoontlik is vir God nie, as ons Hom net bly vertrou. Al neem dit 25 jaar. Moeders, u wat u kniee deurbid vir hulle wat vir u lief en dierbaar is. Vir u het God twee woorde vanoggend: VERTROU MY! 23. U is ook eens op ‘n tyd gedoop – net soos Vera en Uliyane vanoggend. En net soos God hulle vanoggend deur die doop verseker het dat hulle sy kinders is, dat hulle altyd kan terugdink aan die nat voorkop wanneer die krisisse kom, net so kan u ook onthou dat God by u doop beloof het om u nooit te verlaat nie. 24. Vertrou dat Hy beter weet, vertrou dat Hy u hoor, u trane sien, maar ook dat Hy reeds ‘n uitkoms het.