Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Galasiërs 5: 1 Ons het gevra: Here, wat nou? Kan ons vandag net ‘n slag weer praat oor die vrug van Jesus se dood en opstanding? Hoe is dit dat mense weer slawe word van moets en moenies, slawe van die wet? Of, slawe van haat of net liefde-loosheid, of dood gewoon weer wêrelds word. Hoe is dit dat mense so maklik en soms so gou vergeet wat dit Jesus gekos het om ons te red en ons sondes af te was, en dan inkoop in wat die wêreld en die media en ander mense dikteer? Ek worstel hiermee. Soos Paulus wat skryf dat hy in homself hierdie nuwe wet vind: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. Hy sê dat hier diep in hom, vind hy vreugde in die wet van God, maar hy vind in sy doen en late ’n ander wet, wat stryd voer teen die wet van sy gees. Dit maak hom ’n gevangene van die wet van die sonde wat in sy doen en late aan die werk is. Dan roep hy uit: 24 Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? 25 Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here. Romeine 7:21-25 Miskien moet ek dan eerder vra: Hoekom verslaaf ons ons weer aan ons eie ek se tiranie? Sukkel jy ook hiermee? Hoor wat skryf Paulus: Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie. Christus. Christus is ons enigste hoop. Christus maak ons vry. Christus laat ons leef. Hy het gekom sodat ons lewe in oorvloed kan hê. Christus gee alles wat ek wil hê, wat enige mens, as hulle eerlik is, begeer. Christus was ons skuldgevoelens weg. ‘n Storie uit Martin Luther se lewe sê mooi wat ek bedoel. Dit word vertel dat Martin Luther as jong priester nie sy eie sondigheid so lekker kon hanteer nie. Hy het hom gereeld in die aand met ‘n kats geslaan en geslaan om boete te doen, om op ‘n manier te kan voel ek kom reg met God. Een aand, so word vertel het ‘n ou priester in die kamer langsaan weer heelnag na Luther se selfkastyding geluister. Die volgende oggend het hy die jonge Luther een kant toe gevat. Hy het vir hom uit Romeine gelees. Uit ‘n gedeelte oor God se genade. Op ‘n manier weet ons ons is skuldig. Probeer ons maniere vind waarop God my sal kan liefhê. Ons probeer harder. Ons probeer meer Sondae in die erediens wees. Maar ons bly netso skuldig. Daar is niks wat Martin Luther by God kan bring nie. Nie selfpyniging nie, niks nie. Net God self. God wat genade gee vir hulle, vir ons, wat dit nie verdien nie. Dit is eers as ek volledig aanvaar dat Jesus en Jesus alleen maak ons vry, dat ons werklik vry word. As dit hier in my siel tuiskom: God het my lief! God het regtig my lief! Dan begin ons besef hoe groot die genade is. 5:1 Staan op sy eie. Die Grieks begin hierdie grootse vers so. Laat ek net eers sê, in die Grieks stel hulle die kern waarheid voorop in die sin. Hulle begin dikwels die sin daarmee. 5:1 For freedom Christ set us free. Vir vry wees het Christus ons vry gemaak. Wat bedoel Paulus hiermee? • Jy word vry gemaak van die mag van sonde en van jou skuldgevoelens af (Rom 6:18) • Jy word bevry van jou gewete wat jou voortdurend aankla (Hebr 10:22) • Jy word bevry van die oordeel / woede van God oor jou sonde (Rom 5:1; Hebr 10:27) • Jy word vrygemaak van die slawerny / van die diktatorskap van die Satan (2 Tim 2:26; Hebr 2:14) • En orals word geimpliseer dat jy vrygemaak word van vrees af. Die vrees wat sê jy beter goed genoeg lewe of ...!!! En hier in Galasiërs 5 beteken dit meer spesifiek, jy is nou vry van die wet. Vry van die wet wat jou oor elke oortreding en die nie uitvoer van die bedoeling van die gebod, veroordeel. Jy word vrygemaak van die vervloeking oor jou lewe wat jou tref as jy nie die wet 100% nakom nie. Dink net, vandat die wet gegee is op Sinaii, het nog niemand, geen mens, die wet 100% nagekom nie. Behalwe Christus Jesus. Daar was baie wat probeer het. Glo my baie goeie diep toegewyde gelowige vrome mense het dit nie gemaak nie. Galasiers 5:1 sê Christus maak ons vry. Galasiersbrief sê daar is een van twee moontlikhede: of die wet of geloof. Maar nerens praat dit van wet en geloof nie. Die hele brief (en in Romeine en in Kolossense) argumenteer Paulus juis, nie die wet nie. Net Christus red. Okay, so, hiers die ding: Aanvaar dat jy vir eenmaal, jouself nie kan help nie. En aanvaar die verlossing van Jesus Christus onvoorwaardelik. Jy kan by wat Jesus gedoen het, niks byvoeg en dink nou is ek dubbel seker nie. Die oomblik wat jy sê Jesus en ... Jesus plus jy moet die feesdae hou en die Sabbat ... dan verloor jy Jesus. Dit is net Christus. Of nie Christus nie. Maak die keuse. By ‘n mens wat vry gemaak is beleef jy ... • Hy / sy lewe in die Gees (Gal 5: 25) • Hulle dra die vrug van die Gees (5: 22,23). Jy beleef liefde, geduld, vriendelikheid ... by ‘n vrygemaakte. • Hulle dien die Here met vreugde en dankbaarheid. Hulle leef Sy wil en so word die wet van Christus vervul (Gal 5:14; Rom 8:4; Gal 6:2) In Romeine 7: 22 stel Paulus dit so mooi: 22 Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, Daar gebeur iets kosbaars in jou as jy kies vir Christus alleen om jou te red. Jesus self het dit gesê. Jy word wedergebore. Jou lewe word skoongewas en nuutgemaak op so ‘n wyse dat dit wat daar uitkom so nuut is soos ‘n nuwe lewetjie. En nou is dit ‘n lewe wat ingestel is op God en wat God wil. As jou rekenaar ‘n klomp virusse optel. Dan laat jy dit format. Dan laai hulle ‘n nuwe operating system. Kom ons sê hulle haal Windows af en laai Linuxs op ... nou werk niks soos vantevore nie. Alles werk maar nuut en anders. Daar is geen vergelyking tussen die twee en geen terugaan behalwe om totaal van die Lynux operatingsystem af weg te gaan en die ou Windows weer te herlaai nie. As Christus jou wedergebore maak dan is die ou mens weg en jy, die nuwe jy, het geen begeerte om terug te gaan na waar jy was nie, terug te gaan na jou ou manier van wees nie. Daar is ‘n verskil. ‘n Verskil wat Paulus skerp uitspel later in hierdie hoofstuk. Gaan lees dit gerus later. Genoeg om net vir ‘n oomblik oor die heining te loer om te sien wat kom. Vers 2 sê as jy nie kies vir Christus alleen nie, dan kan jy geen hulp van Christus verder verwag nie. Christus sal geen betekenis meer vir jou hê nie! Kom ons begin weer. As ‘n regter jou vryspreek is jy vry om te gaan. As God jou vryspreek, word Jesus veroordeel en sterf Hy en jy, die een wat nou vry is, of bevry is, God neem jou aan as Sy kind. Jy is vry! In en deur Christus is jy bevry om vry te wees. Moenie dan nie ‘n slaaf wees nie. Moenie dat ander van jou een probeer maak met hulle slim leringe en versies nie. Kyk weer na die 1ste vers: For freedom Christ set us free. Vir vry wees het Christus ons vry gemaak. 5:1 “Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees.”