Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
Psalm 147 Vanoggend is ‘n landswye biddag in die NG gemeentes regoor die land. My aanvoeling is dat ons vanoggend met die boodskap sonde op sonde gaan lys nie. Jy is volwasse. Jy weet wat moet verander en as jy nie weet nie vra die Gees van God. Dis my taak om vanoggend ‘n woord prentjie van God te wys. Ek gaan saam met jou daarna kyk, en dan gaan ons elkeen, ek ingesluit, onsself 2 vrae vra. Die eerste vraag gee ek as “‘n drie-in-een-vraag”: • Kan God vandag nog hierdie dinge doen? Is God vandag nog so? Glo jy dit? Vir die tweede vraag moet ek net eers uit Josua 24 lees: 19 Maar Josua het vir die volk gesê: “Julle kan nie die Here dien nie. Hy is 'n heilige God, Hy is 'n God wat onverdeelde trou eis en julle opstandigheid en sonde nie sal vergewe nie. 20 As julle die Here verlaat en julle dien vreemde gode, sal Hy wat aan julle goed gedoen het, teen julle draai en rampe oor julle bring en 'n end aan julle maak.” 21 Die volk het vir Josua gesê: “Nee, ons sal die Here dien!” 22 Toe sê Josua vir die volk: “Julle is self getuies daarvan dat julle gekies het om die Here te dien,” en hulle antwoord: “Ons is.” 23 Toe sê Josua: “Verwyder dan die vreemde gode tussen julle uit en wy julle heeltemal aan die Here die God van Israel.” 24 En die volk sê vir Josua: “Ons sal die Here ons God dien, ons sal na Hom luister.” Josua 24:19-24 Hier is dan die tweede vraag: Sal jy die Here dien soos Hy gedien wil word? Nie soos dit jou pas of vir jou gerieflik is nie, maar met jou hele hart en siel en verstand en krag. Net nog een aanhaling, hierdie keer uit Rigters 2 uit: 10 Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie. Rigters 2:10 Kyk mooi na die deel. Asseblief. Die geskiedenis het ‘n manier om dit self te herhaal. Rigters 2: 10 sê as ek en jy sterf is dit nie te sê dat ons kinders en kleinkinders gaan glo nie. Baie jong mense kyk na volwassenes en hulle dink, hy het hard gewerk en slim belê en kyk hoe ryk is hy. Self gedoen. Hulle sien nie die nodigheid van God nie. Ken ons nog die krag en die teenwoordigheid van God? Ken ons nog Sy liefde? ‘n Spontane reaksie op God. Dit is hoe ek psalm 147 sal wil beskryf. En tog is die reaksie nie altyd spontaan nie. Dis soos ‘n kleuter wat iets persent kry. Hy is sekerlik bly daaroor maar ma of pa moet eers sê: Toe, gaan jy nie dankie sê nie? Dan kom ‘n groot glimlag en die dankie. Daar is drie merkers wat die Psalm onder verdeel. Elkeen van hierdie merkers sê iets soos: Toe, sing nou die lof van die Here. Dis asof die digter sê: Ek weet jou hart is vol van blydskap, ek weet jy voel oorweldig na wat jy beleef het. Dalk net verlig hierdie week is verby. Maar onthou: Dis die Here wat jou deur gedra het. Dit is die Here wat die oorwinnings gee. Nie mense nie, nie regerings of politieke partye nie. Nie geweld of wapens nie. God gee die oorwinnings. Sing vir Hom ‘n danklied. Kyk maar na vers 1, 7, en 12. Dit beweeg van dit is goed om tot lof van die Here te sing, na, sing vir die Here ‘n danklied, sing tot eer van God. En in vers 12, loof die Here. En die hele stad Jerusalem word opgeroep: Loof die Here. Hoor die antwoord op ons gebede in wat die digter sê sommer in vers 2 all. Dit is die Here wat die opbou werk doen. Dit is die Here wat die gebrokenes van hart genees. Dit is die Here wat die hulpelose weer laat opstaan. En net om seker te maak ons sien wat ons moet sien, wys die digter so ‘n ietsie van God. God is groot e magtig en Sy kennis is onbegrensd. Maw Hy weet hoe en Hy kan als verander en genesing en hoop in Suid-Afrika bring. Ons glo dit. Daarom bid ons daarvoor. Daar is ‘n baie sterk moontlikheid dat hierdie psalm oorspronklik geskryf en gekomponeer is vir die toewydingsplegtigheid van die herboude mure van Jerusalem. Jerusalem was platgeslaan. Nehemia het leiding geneem en die mure is herbou. Onder uiters moeilike omstandighede en onder groot stryd en terugslae is die mure herbou. Jerusalem is weer oppad om ‘n bruisende stad te word. Die volk se reaksie is een van groot dankbaarheid. Hulle wil God se lof besing. Hulle wil vir Hom vertel hoe bly hulle is. Nie net oor die mure wat herbou is nie. Sommer oor alles wat God doen. Dis asof hulle oë oopgegaan het en hulle skielik al Sy goedheid sien. Kyk mooi wat sê hulle alles: • God bou Jerusalem weer op - fisies, maar ook geestelik • Hy genees gebrokenes van hart en verbind hulle wonde • Die God wat ons aanbid se almag en kennis is onbeperk • Hulpelose mense word deur Hom opgehelp • Hy voorsien vir die natuur en beheer ook die seisoene • Hy gee vrede in Israel se grondgebied • Hy voorsien daaglikse voedsel • Hy gee aan Sy kinders Sy Woord en maak aan hulle Sy wil bekend Het hull dit verdien? Nee. Hulle sondes en ontrouheid aan God het myle vê voor hul uitgeloop. Hulle sonde was so hoog opgestapel dat die Here deur Jesaja gesê het, hulle sondes is so hoog dat Hy huulle nie kan hoor nie. En tog gee God genade. Tel Hy hulle weer op en herbou weer die geliefde stad en land. Dit laat my verbysterd dat God ons Sy kinders noem en vir ons Sy Woord gee. Ons wat God so maklik vergeet of net ignoreer want dit pas ons op daardie oomblik. Ons wat alles wat God doen in die klein dinge miskyk en die groot dinge gou weer vergeet. En tog, is die prentjie wat God hier van Hom laat teken, ‘n gesins prentjie en ons is Sy kinders. God as ‘n absoluut betrokke Vader. En ons as kindtjies wat alles in ons lewe met ons Vader deel. Daarom leef ons ons lewens soos ‘n oopboek met God. Daarom gee ons Hom die beheer oor ons hele lewe. Vertrou onns Hom alleen en maak ons op Hom alleen staat. Daarom boots ons Jesus na. Ons doen die Christus nederig na deur te dink en te doen soos Christus dink en doen. Ons moet onthou, en ek gebruik die woorde van Psalm 33 en 147, dit is nie die krag van 'n perd of 'n soldaat wat die deurslag gee nie, al is albei dalk belangrik op ‘n gegewe oomblik. God gee die deurslag. Nie wapentuig of getalle nie. Nie ekonomiese krag nie. Nie mense nie. God gee die oorwinning. Dis hoekom ons ‘n biddag hou. As ek na die derde deel van Psalm 147 kyk, dan sien ek hoe God voorsien. Hoe as Hy ‘n bevel gee hoe dinge om gekeer word. Selfs die aarde, die natuur, beweeg as God beveel. En ons? Dit is die groot vraag vanoggend. Hoe het dit gekom dat ons in hierdie gemors sit in SA? Oor sondes, ja. Oor ons God nie meer so lief het as van te vore nie. Ja. Maar ons weet dit. So die vraag is: Wat gaan ons doen? Hoe gaan ons God antwoord? Ek het jou gevra om te kyk vir wat God doen en kan doen in die prentjie van Psalm 147. Nou moet ek jou Josua se vraag vra: Gaan ons die Here dien? As jy nie nou gereed is om opreg te antwoord nie, vra ek jou, om hierdie week met die Psalm te sit en te bly vra: Here, help my om U weer te ontdek. En maak dan die keuse: Of jy en jou gesin die Here sal dien?