Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
ROMEINE 12: 21 en Hand 4: 23 – 36 PINKSTER 2023 21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Rom 12:21 In hierdie land, met mense se stress vlakke deur die dak. Met al die seer wat ons in koerante lees en soms ook self beleef. Hoe gaan ons dit ooit reg kry? Die Here het al ‘n paar moeilike goed hierdie week gevra. Hy het gesê ons mag nie self wraak neem nie. Ons moet liefde leef. Ons mag nie mense terug kry vir wat hulle aan ons gedoen het nie. Ons mag nie hulle behandel soos hulle ons behandel nie. Ons moet hulle eerder seën. Hoe gaan ons dit ooit reg kry? Ons begin by God se groot groot liefde vir ons. En ons maak nuwe keuses want ons is deur God self wedergebore. Ons het God lief. Dit is ons motivering. En ons is oortuig dat Jesus beter as ons weet hoe ons behoort te lewe. Maar ons het ‘n troefkaart ook. Die Heilige Gees is uitgestort en woon in ons. Ons is Sy tempels. Jesus het Hom ons Voorspraak genoem en gesê, en ek haal aan, “om vir ewig by julle te wees.” Nie deur eie krag nie maar deur die genade van God en die krag van die Heilige Gees kan ons die kwaad oorwin. Nou vra jy dalk maar die vers sê oorwin die kwaad deur die goeie? Wel, ek het ons gedraai na die Bron van alle goed toe. Die Bron waaruit ons die goeie sal vind om te leef. Ons het onsself mos gegee aan God as lewende heilige offers. Hoe gaan ons nou verder?: • Ons maak nuwe beter keuses in gehoorsaamheid aan God se wil. • Ons bid dat die Heilige Gees ons moet lei en krag gee. Ons volg Hom en ons leef uit Hom uit. • Of, eenvoudiger gestel: gehoorsaamheid. • Vanuit die Ons Vader gebed. Jesus het ons geleer om te bid dat God se koninkryk moet kom. En dat God se wil sal geskied, hier op aarde netsoos in die Hemel. Wel hier op aarde beteken ook in jou en my lewe. Ons bid dat ons nie deur die kwaad oorwin sal word nie maar dat ons die kwaad deur die goeie sal oorwin. Want ons lewe is oorgegee aan God. ‘n Pragtige voorbeeld van mense wat hulle nie deur die kwaad laat oorwin het nie, is Petrus en Johannes. En saam met hulle, deur hulle geinspireer, die eerste gemeente daar in Jerusalem van ouds. Ons het hierdie week gehoor ons moet oa volhard in gebed. Kyk hoe het hulle gebed gebruik om die kwaad te oorwin. Of, ek kan seker ook sê, hulle het deur gebed hulself gehou waar God in en om hulle kon werk. Hoe het hulle dit gedoen? Onthou, hulle was reeds bekend vir hulle onderlinge liefde. Die Heilige Gees is kort tevore oor hulle uitgestort. Hulle is nog vol van die Gees en gefokus. Teenkanting skop in. Petrus en Johannes word gevang en voor die Joodse Raad gebring omdat hulle 'n verlamde man genees het. Die Raad wil weet: In Wie se naam en met watter gesag is dit gedoen? Petrus, vol van die Heilige Gees het hulle geantwoord: “In die Naam van Jesus Christus van Nasaret …. vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het.” Die Raad beveel hulle om glad nie in die Naam van Jesus iets te verkondig of te leer nie. Hulle dreig hulle ernstig maar straf hulle nie uit vrees vir die volk. Wat is hulle eerste reaksie na hulle vrygelaat is? • Terug na die medegelowiges om te gaan vertel • Almal saam het tot God gebid. Dis nogal die gemeentestorie van die gemeente in Jerusalem. Hulle het saam dinge gedoen. Veral saam gebid. Gebed was kern by hulle. In Handelinge gebeur amper niks van gemeentekant af sonder dat die gemeente nie eers saam daaroor gebid het nie. Waarvoor bid hulle? • Nie vir eie veiligheid nie. • Hulle bid dat die Here vir hulle volle vrymoedigheid sal gee om God se Woord te verkondig. • Hulle bid dat die Here Sy woord sal bevestig deur tekens en wonders te laat plaasvind deur die Naam van Jesus Kyk waar lê hulle hart en hul groot bekommernis. Nie by hulself nie. Nie vir hulle eie veiligheid nie. Maar by hulle opdrag: Die Woord moet uit!! Na al die nasies. Vanaf Jerusalem en wyer. En God het hulle gebed beantwoord. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkonding. So het hulle teen die kwaad opgestaan. Gebed en gehoorsaamheid aan God. Kyk nou die gevolge: • Hulle was een van hart en siel • hulle het vir mekaar omgegee en vir mekaar gesorg. Hulle goed onderling met mekaar gedeel. • Die apostels het kragdadig getuig dat Jesus uit die dood opgestaan het. (Moet ons hierin raaksien dat nie almal gepreek het nie. Ja. Maar almal het saam met sy / haar gawes die Here gedien en die prediking gedra. • God het die gemeente geseën, hulle gebed beantwoord met genesings. Handelinge 5: 12 – 16 vertel van groot groot dinge wat gebeur het. Ek wil terug gaan na 'n stiltetyd nota van my op 3: 6 en 4: 12. Die verlamde man in hoofstuk 3, is gesond gemaak op gesag van Christus. In die Naam van die Here Jesus. Nie deur eie krag of godsdienstigheid of deur eie goedheid vanaf die apostels se kant nie. God het dit gedoen. Ek voel my werk vanoggend is om dit uit te lig: Die pad met die Gees is 'n pad van leeg wees aan jouself en jou eie vermoeens. Dis 'n pad waarin jy met alles terug gaan na die Heilige Gees en bid. Die pad met die Heilige Gees is een van jouself bly gee as ‘n lewende heilige offer vir God soos dit God pas. En waar jou reaksie op die wêreld se dreigemente is om te bid: Gee my die guts om aan te hou praat. Maar Here, gee U die deurbrake, die wonderwerke groot en klein om te bevestig: dit gaan oor U. U is die enigste Naam waardeur ons gered kan word. U alleen is die weg na die Vader. Ek voel ons kan eredienste hou, pinksterbidure hou en preek en basaar hou en bybelstudies tot ons blou is in die gesig. Maar as God nie werk nie is dit als waardeloos. Ek lees vanoggend weer die deel oor die Ons Vader gebed. En ek besef ek moet nie net die gebed bid (in die algemeen nie) nie, ek moet dit met die ingesteldheid bid dat dit nie eers in die wereld maar ook eers in my moet gebeur. Ek bedoel bid dat die koninkryk ook in my lewe sal sigbaar word en dat God se wil in my lewe sal geskied. Dit gaan nie oor my nie. Ons het hierdie week nie soveel gebid vir meer bekeerlinge as sulks nie. Ons het gebid vir herlewing en ons wat ons ons meer en meer oorgee aan die Gees. Die Heilige Gees wat meer van ons moet kry. Is jy in of is jy uit? Onthou: een in hart en siel! Dus begin vergewe en versoen en hou op los wil staan van die ander. En die saam bid ding … Nou kom laat ons bid. Geleentheid vir gebed. • volle vrymoedigheid sal gee om God se Woord te verkondig. • die Here Sy woord sal bevestig deur tekens en wonders te laat plaasvind deur die Naam van Jesus