Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
MATTEUS 22: 1 – 14 Ek het 2 uitnodigings gestuur via WhatsApp. Soos in Jesus se gelykenis. Dit is maar hoe hulle daardie tyd dinge gedoen het. Die eerste uitnodiging is soos ‘n safe the date van vandag. Die tweede is om te sê: Kom nou. Die fees is reg. So jy kon nie na die tyd onskuld pleit en sê, was dit gister. O toggie, ek het vergeet nie. Hierdie is in vandag se taal ‘n save the date teks wat ons opgewonde wil maak oor God se fees. Teveel word dit ‘n bangmaak teks gemaak. Nee. Ten spyte van die waarskuwing wat in die teks is, is dit ‘n uitnodiging om opgewonde te raak oor ons wat van onverdiend van die strate af ingenooi word na God se fees. Vir die fariseers en Sadussiers was dit ondenkbaar. Net hulle en die Joodse volk gaan fees vier. Jesus sê nee, julle gaan nie eers opdaag nie, die fees gaan die mense inbring wat julle op neerkyk. Mense van ander nasies oa. In ons ou dae, ek praat nou van epos, het jy een uitnodiging gekry. In ‘n mooi koevert met jou uitnodiging daarbinne. (Haal koevert uit). Hou die beeld vas asb. Wat Jesus vir ons sê is jy is uitgenooi na die groot fees van God. Dit is soos ‘n troue. ‘n Baie belangrike troue met Jesus as die bruidegom en Sy kerk as die bruid. Ek en jy is deel van die bruid. Maar die uitnodiging beteken absoluut niks as ons nie opdaag nie. En as die gasheer jou glad nie ken nie. Dis tog logies. By baie troues merk ek oa een ding op. Al die uitgenooide gaste wat gesê het hulle kom, selfs dat hulle dit vir niks op aarde dit sal mis nie, is nie almal op die dag daar nie. Al kos dit die bruidsbaar baie geld vir die kos by die onthaal, is daar steeds enkeles wat sê ons kom maar dan sommer sonder verskonning weg bly. Net nie opdaag nie. Hier kort na paasfees, kort na die herdenking van Jesus se kruisiging en opstanding, kan ek seker maar sê dat daar baie gaan wees wat sê hulle kom maar op die groot dag, te besig gaan wees met ander goed en net die die moeite doen om op te daag nie. Net hierdie keer kos dit nie die ouer van die bruidspaar ‘n R250 of R500 per kop nie. Dit kos Hom Sy Seun se dood. Gegesel, gespot gekruisig, vir wat? Kom ons wees positief. Ek glo nie die Here wil hê ek moet ons met skuldgevoelens oorlaai nie. So ek gaan positief probeer wees. Hopelik inspireer. Die konteks, die dele op hierdie 14 verse vra op verskillende maniere: Wat kom nou? Wat kom na paasfees? Dit is ook ‘n save the date teks, sonder ‘n datum, om ons opgewonde te maak Jesus wys ons op drie dinge. 1. Koning Gelykenis gaan oor die koninkryk van die hemel. Die koninkryk is nie 'n wereldtoestand nie; ook nie 'n ideale lewens orde nie. Dit draai om 'n persoon. Dit draai om God self. Ons kyk dit mis. Lees maar weer. God doen dit wat ons nooit in ons wildste drome sou verwag nie. Hy berei 'n fees vir ons voor. 'n Vreugdefees. Nes ons nie sou verwag om ooit te genooi gewees het na die een of ander wêreldleier se troue nie. Net so min ... of minder sou ons kon verwag dat God ons, ja jy en ek , sou nooi na 'n fees. Eerder na 'n verhoor ... as aangeklaagdes maar nimmer as te nooit na 'n vreugdefees. Daarvoor is ons darem net te sondig. Hy nooi uit. Hy beveel nie. Hy dwing nie. Hy neem die inisiatief. God is die gasheer en Hy nooi die gaste uit. En dan is dit weer God wat sy diensknegte uitstuur in die strate en die hoofweë in om uit te nooi na die fees toe. Ons moet dit nie miskyk nie. Hier gebeur iets groots. Mense wat nie uitgenooi sou gewees het nie, word nou genooides. Mense soos ons word van oral af gehaal, of in terme van die beeld, van die straat afgehaal en ingebring om saam met Hom te verkeer. Moet nie op die fees fokus nie. Fokus op die gasheer van die fees. God en Sy Seun. Hoe belangrik hulle vir jou is bepaal of jy gaan moeite doen om daar te wees. Ek kom by troues waar die gastelys gevorm word rondom of jy in die afgelope 6 maande gereeld kontak gemaak het met die egpaar. Of hulle uit die hart uit kan sê ons ken jou. Ons is naby aan mekaar. God het jou genooi na die bruilofsfees van Sy Seun. Kom ons raak weer opgewonde oor die bruilofsfees van God. Kom ons raak opgewonde want ons is die bruid van Christus. En bruide is opgewonde oor hulle troue. Dis hulle groot dag. En ons is saam met hulle bly en opgewonde. Dis te sê as jy naby aan hulle is. Kom ons sien uit na hierdie groot dag. Dis vir ons wat God daar wil hê. Vir jou. Vir my. Die uitnodiging word nie herhaal nie. Tweede maal is klaar. Nie een van ons het 'n belofte dat God die afspraak sal uitstel vir more of na ‘n vir ons ‘n meer geleë tyd nie. Die feesmaal word nie afgestel oor jy te besig is nie. God voer Sy plan deur en indien nie met my nie, dan met ander en ek bly agter / uitgesluit. 2. Genooides Jesus sê baie daag nie op nie. Volgens Luk 14:18: maak hulle verskoning. Punt is hul prioriteite is nie reg nie. Besig met belangrike dinge, maar nie met die koning nie. Die pad na hel is geplavei, nie met misdade nie, maar onskadelike dinge wat te belangrik raak. Dalk het daardie eerste genooides net gedink aan wat hulle prysgee en nie gedink aan die koning nie. Hy was nie vir hulle belangrik genoeg om daar te wees nie. En op die einde is hulle nie meer belangrik genoeg vir Hom om hulle daar te hê nie. Dit is ‘n vreugdefees sê Jesus. En al het ons nie ‘n datum vir ‘n save the date fees wat ons gaan bywoon nie, kan ons nou al ons dinge so inrig en reël dat ons enige oomblik net kan gaan. Ons kan nou al opgewonde wees oor die uitnodiging. Nou al opgewonde met die Here gesels oor Sy fees. Hom nou al verheerlik. En nou al opgewonde raak oor dit wat kom. Dis ‘n fees!! Iets om na uit te sien. 3. Inkom van die koning Kan ek weer sê: Dit gaan nie oor die onthaal nie maar oor die koninklike paar. Dit gaan oor niks anders as om God te sien nie. Adolf Schlatter se pa het gese vir iemand wat hom op sy sterfbed wou troos met strate van goud in die hemel: "Skei uit met die twak. Ek wil by God wees en Hom sien.“ Die een wat verkeerd aangetrek was? Dit beteken: Ons kan nie vergifnis kom afhaal maar sonde bly behou nie. God se genade vra ‘n oorbegin. Nuut lewe met ou sondige gewoontes weggegooi. Ons moet die ou lewe uittrek en die nuwe lewe in Christus aantrek. Bekering is ‘n blye dag. Jou verlede en jou sondes is vergewe. En jy is tuis by God. Die Verlore seun het nie terugverlang na sy tyd by die varke nie en ook nie na die tyd van sy verkwisting tussen prostitue en someer nie. Leef jou nuwe lewe. Kan ek dit illustreer. Dis nou hier waar ons die beeld van ‘n troukaartjie weer ophaal. Net anders. Klein koevert is Jesus. (op die koevert geskryf) Jou lewe is die groter koevert. Ons sit Jesus in die koevert van jou lewe. Hy is die inhoud van ons koevert. Soos Paulus sê Ons is die kleipot en Jesus is die skat van groot waarde in ons. En ook: Daarom sit ons ons koevert, wat ons lewens verteenwoordig, in die groter koevert waarop staan Jesus. Nou kan ons saam met Paulus in Romeine 14 sê: 8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Romans 14:8 Of saam met Johannes die Doper “Hy moet meer word en ek minder.” Dit is die regte klere vir die groot bruilofsfees van God se Seun. Ek sluit af: Hierdie deel los my met ‘n paar vrae. • Waarmee is ons so erg besig mee? Het dit regtig waarde? • Die laaste is meer ‘n opmerking as ‘n vraag. Die koning is die heel tyd daar en in beheer. En die mense is almal besig met hulle lewens. Party is net te besig vir dit wat vir die Koning belangrik is. Daarom: o Is dit waarmee ek so besig is, is dit deel van die lewe wat ek in Christus leef met Christus in ons, of het ek Christus uitgeskuif na ‘n buite gebou van my lewe toe?