Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Laat my mense gaan. Dit was God se woorde aan die Farao. En die hele insident soos dit verder in Gen 7 tot 11 afspeel is drama op drama. Hierdie Moses, wat maar ‘n gewone Israeliet was, deel van die mense wat as slawe aangehou is deur die Farao, staan voor die grote Farao met ‘n dreigement nogal. 2. Ag, u ken die verhaal. Die Israeliete word uiteindelik vrygelaat maar die Farao agtervolg hulle net om in die see te verdrink. En nou wil ek he u moet uself terug deporteer. U is ‘n Israeliet. Sopas deur God gered van die Egiptenare. Vir 430 jaar was die Israeliete gevange gehou deur die Egiptenare. So die kanse is goed dat jy in Egipte gebore is en al wat jy geken het is gevangeneskap. 3. Jy het deur die gevangeneskap, hierdie slawerny, grootgeword. Jy ken nie vryheid nie. Maar julle is nou deur die see, op droee grond. Die jubelsange weerklink, dromme slaan, mense sing en dans. Skielik is jy vry. Jy en al die ander Israeliete is nie meer onder dwangarbeid nie. Julle is nou vry. 4. Maar wat nou? Waarheen gaan julle nou? Wat doen julle nou? Wat beteken dit om vry te wees? Sonder dwangarbeid, geen gewapende wagte meer nie en op pad na die onsekerheid van ‘n woestyn. 5. Sylvia Rouss skryf in haar boek “No rules for Michael” hoedat Michael baklei het teen reels in die skool. Hy het gese hy haat reels. Die lewe is baie meer pret sonder reels het hy gese. Die onderwyser besluit toe om ‘n dag sonder reels af te kondig. Niemand hoef iemand anders ‘n beurt op die swaai te gee nie, niemand hoef meer hulle kos te deel nie, niemand hoef iemand anders kans te gee om te praat of enigiets nie. ‘n Hele dag daarvan. 6. Om ‘n lang storie kort te maak, dit draai toe uit om ‘n baie misrabele dag te word vir Michael. Al die kinders, Michael inkluis, was maar te bly om terug te gaan na die roetines van reels. Die verhaal gaan natuurlik daaroor dat daar reels is om ons te help en te beskerm en ons te lei in goeie verhoudinge. 7. Een van die eerste dinge wat God gedoen het nadat die volk die woestyn ingelei is, was om die Tien Gebooie te gee. Die eerste stel reels wat die Israeliete ontvang het binne hierdie nuutgevonde vryheid van hulle. Eksodus vertel vir ons dat die twee tablette was God se werk. Inteendeel Eks 32:16 se duidelik dat God dit gegraveer het. 8. Maar interessant genoeg is die Hebreeuse woord wat vir graveer gebruik word die woord CHARUT. Dit is baie nou verwant met die Hebreeuse woord CHEIRUT wat Vryheid beteken. Vryheid? Watse vryheid sou jy as Israeliet jou kon indink? Jy ken nie so iets nie. Jy het in slawerny grootgeword en nou is jy in ‘n woestyn en weet nie eens waar more se kos vandaan gaan kom nie. 9. Miskien moet ons dan terug na ons teks toe. Kom ons kyk weer wat God vir Moses gese het. Eks 7: 16. Daar was ‘n rede waarom God sy volk uit Egipte bevry het. Sodat hulle Hom kon gaan dien soos Hy van hulle verwag het. 10. U sien, soos Michael moes leer is vryheid nie ‘n onbegrensde, doen-wat-jy-wil soort van plek nie. Die uittog uit Egipte definieer vir ons ‘n nuwe soort vryheid. Laat my volk gaan – HOEKOM - sodat hulle my kan dien, het God gese. Sodat hulle die mense rondom hulle kan dien en die realiteit van die wereld verbeter. Laat hulle mekaar dien tot iets ver beter as hulself. 11. Vir duisende jare hierna het Israel Paasfees gevier om hulle vryheid te gedenk. Vryheid van slawerny, van Egipte, van duisternis. Maar nie een Israeliet het op daardie stadium geweet dat daar ‘n groter vryheid aan die kom was as die verlossing wat hulle beleef het van onder die Egiptenare nie. 12. Duisende jare later, een nag, word die Gewer van vryheid in ‘n stal gebore. Vir 30 jaar was hy bloot die kind van ‘n skrynwerker, maar het binne ‘n bestek van drie jaar die wereld en die toekoms daarvan vir nog duisende jare onomkeerbaar verander. 13. Totdat Hy op hierdie aand in ‘n tuin gebid het dat hierdie lydensbeker by Hom moet verbygaan. En dan, sonder dat Hy teepraat of protesteer, doen Hy wat Hy moet doen om die ganse mensdom te red. 14. Maar die redding wat ons hierdie naweek gaan vier, is nie bloot ‘n redding van ‘n ewige hel nie. Dis baie meer as dit. Soos die Israeliete deur die bevryding uit Egipte ‘n nuutgevonde vryheid ontvang het, was die kruis vir ons ook ‘n nuutgevonde vryheid my broer en suster. Die lyding wat Jesus die Christus oor hierdie twee dae deurgemaak het was ook om vir u en my daardie nuutgevonde vryheid te gee. 15. Maar vryheid van wat? Volgens Johannes en Paulus is ons bevry van die mag van sonde en dood. Paulus se verder dat ons bevry is van vrees vir die dood. Dat ons bevry is van die vloek van die wet en sy godsdienstige wettiese reels. 16. En hierdie bevryding het begin met die lyding van Christus op hierdie donderdagaand. Ons fokus so baie op die fisiese lyding van Christus aan die kruis. En dis ook reg so. Maar vanuit die voorval in Getsemane op die aand voor die kruisiging leer ons so baie meer oor sy lyding. En meer spesifiek Jesus se emosionele lyding. 17. Volgens Markus 14 het Jesus vir sy dissipels gese dat Hy doodsbenoud is. Die Engelse vertaling se dit soveel duideliker: “My soul is overwhelmed with sorrow to the point of death”. Hy het ‘n entjie verder gegaan en gebid dat die uur van lyding nie vir Hom moet aanbreek nie. Dat hierdie lydensbeker van Hom af weggeneem moet word. En hierdie een gebed van Jesus word met ‘n Nee van die Vader beantwoord. 18. Oor hierdie selfde gedeelte se Matteus vir ons dat Jesus bedroef en beangs geword het. Hy het met sy aangesig op die grond gekniel en met al sy mag gebid. Lukas se dat Jesus doodsbeangs geraak het en al ernstiger gebid het. 19. Soveel was sy emosionele leiding op hierdie punt dat God dit goedgedink het om ‘n engel af te vaardig om aan Hom te verskyn en Hom te versterk. So ernstig was sy gebed dat sy sweet soos bloedruppels op die grond geval het. 20. Hoor u die emosionele lyding wat Jesus se fisiese lyding voorafgegaan het broer en suster. Emosionele lyding is baie erg. In meeste gevalle erger as fisiese lyding. Kan ons die geestelike stryd voorstel waardeur Jesus op hierdie stadium moes gegaan het? En dan is dit steeds einde niet. 21. Die laaste spyker deurboor Jesus se hart toe een van sy eie dissipels saam met die wagte opdaag in die tuin en Hom met ‘n soen op die wang verraai. Dit was op hierdie oomblik se die evangelies dat die laaste dissipels weggehardloop het. Petrus het egter later ‘n verdere rol gespeel. Onthou u? Wel, Petrus het dit onthou toe die haan gekraai het. 22. Dit moes Jesus se hart finaal gebreek het. Maar eers toe het die verhore en alles wat daarmee gepaard gegaan het, begin. Alles om vir u en my vryheid te bewerk. Maar soos die Israeliete moes besef dat hulle vryheid ontvang het om God en mekaar te kan dien, moet ons verstaan dat hierdie vryheid van ons nie ook ‘n doen-wat-jy-wil-vryheid is nie. Hierdie lyding van Jesus het ook ten doel gehad dat ons ons vryheid sal gebruik om mekaar te dien. 23. God se bekende woorde aan Abraham daar in Genesis 12 weerklink hier: “Ek sal jou seen en ‘n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ‘n seen wees.” 24. Dat ons nuutgevonde vryheid ons sal noop om die hart van Christus vir ander te wees. En elke keer wanneer ons die brood en wyn neem dat ons sal onthou dat dit die manier was waarop God ons kom vrymaak het, deur sy Seun. Maar dat hierdie vryheid nie sonder ‘n enorme prys gekom het nie. Baie meer as wat u of ek kan indink. 25. Dat ons nie net vrygemaak is VAN iets nie, maar ook VIR iets. Dat ons, soos Israel uit Egipte vrygemaak is om God in die woestyn te gaan dien, ons ook vrygemaak is om Hom in ‘n wereld daar buite te gaan dien. En in die brood en wyn vind ons die roeping maar ook die krag daartoe. Want elke keer wat ons die tekens gebruik, aldus Paulus, verkondig ons sy wrede dood totdat Hy weer kom.