Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Was daar dalk meer as een Jesus teenwoordig tydens sy finale oomblikke voor sy kruisiging? Was daar ‘n oomblik wat mense werklik moes gekies het tussen die Jesus wat hulle gaan volg en die een wat hulle gaan doodmaak? En hoe verander dit die manier waarop ons Jesus se laaste oomblikke verstaan? 2. Hoofstuk 15 is by verre die donkerste hoofstuk in Markus se evangelie. Ons word gedwing om te lees hoedat Jesus gemartel en gespot word. Maar wat as ek vanaand vir u se dat daar sekere dinge in Hoofstuk 15 gebeur waarvan ek oortuig u nog nie gehoor het nie. 3. Nou wanneer hoofstuk 15 begin word Jesus voor Pilatus gebring. Nou u sal onthou van ons diens gisteraand dat dit in werklikheid die doel van alles was. Die godsdienstige leiers wou Jesus voor Pilatus kry want hy was die enigste persoon wat Jesus ter dood kon veroordeel. Maar selfs al is dit hulle grootste missie om Jesus voor Pilatus te bring is daar steeds iets baie ironies aan hierdie oomblik. 4. Want die Jode in hierdie streek het Pilatus gehaat. Vir verskeie redes natuurlik. Hy was die een wat die Romeine verteenwoordig het, die onderdrukkers. Dis hulle wat die oorsaak was dat die Jode so swaar gekry het. Hulle het die Jode se land beset. Ook in hierdie tyd het Pilatus gepoog om ‘n waterkanaal te bou en dit te befonds met geld wat in die tempel ingesamel is. 5. En asof dit nie genoeg was nie was Pilatus net ‘n bose en brutale regeerder. Desnieteenstaande, vir die godsdienstige leiers het die doel die midelle geheilig. Hulle moes met Pilatus saamwerk om hul doel te bereik. En waneer Jesus voor hom gebring word is Jesus alreeds bebloed geslaan. En die feit dat Pilatus niks hieromtrent se nie laat dit blyk dat dit alles sy goedkeuring wegdra. 6. Maar dinge lyk vreemd en uit plek uit. Pilatus blyk reeds oortuig te wees dat Jesus onskuldig is. Maar hy het ‘n probleem. As hy weier om te doen wat die skare vra mag dit ‘n opstand veroorsaak. 7. En dis een van die belangrikste dinge wat Pilatus juis wou vermy. Om vrede in sy streek te handhaaf was sy primere doel en indien ‘n opstand sou ontstaan sou hy baie vinnig sy posisie verloor het. 8. Hy moes die vrede bewaar en sorg dat die Jode nie kopsere vir Rome veroorsaak nie. Inteendeel, dit was die enigste rede waarom Pilatus op hierdie tydstip in Jerusalem was. Pilatus se hoofkwartier was eintlik gesetel in Siseria Maritima. 9. Dis van hier af wat hy gereis het Jerusalem toe om teenwoordig te wees tydens die Paasfees aangesien hy hier die vrede en orde moes handhaaf wat ‘n baie belangrike deel van die verhaal vorm. 10. Nou wanneer die Fariseers Jesus voor Pilatus bring se Markus vir ons dat hulle Jesus van baie dinge beskuldig. Hy se egter nie wat al hierdie “baie dinge” is nie. Heel waarskynlik was dit omrede Jesus gese het dat Hy die verwagte Messias is. Daarom dat Pilatus Hom hierna vra of Hy die koning van die Jode is. 11. Dit is die gerugte wat op daardie tydstip rondgegaan het en daar was profesiee oor die koms van die Messias. Maar hierdie profesiee is geinterpreteer as dat die Messias by sy koms die oorheersing van die Romeine beeindig en die land teruggee aan die Jode. 12. Wanneer ons terugblaai in Markus vind ons ‘n interesante teks hieroor in hfst 10. In vers 33 lig Jesus sy dissipels in dat hulle almal moet opgaan Jerusalem toe. Jakobus en Johannes kom dan met hulle versoek in vers 37 dat hulle graag een aan Jesus se regterhand en een aan sy linkerhand wil sit. 13. Hulle was oortuig dat die tyd gekom het wat Jesus die Romeine gaan verwyder en gaan heers oor Juda. En wanneer Jesus dan die troon sou oorneem by die keiser wou hulle aan weerskante van Hom gesit het. 14. Dan bied Pilatus aan die Jode ‘n keuse. Jesus of Barrabas. Nou hierdie was niks vreemds nie soos Markus vir ons se. Maar wat wel interessant is, is die klag waarvoor Barrabas opgesluit was. Hy het moord gepleeg tydens ‘n opstand. En dit gee vir ons meer konteks ivm die situasie waarin al die rolspelers hulle bevind. 15. Dit beteken vir ‘n lang tyd reeds was daar opstande gewees. Barrabas dien juis ‘n vonnis uit vir ‘n oortreding wat tydens so ‘n oproer gepleeg is. Oproer en opstand en rebellie was aan die orde van die dag gewees. En dis in die lig hiervan dat ons Barrabas moet beskou. Barrabas mag dalk ‘n moordernaar wees, maar hy was ‘n moordenaar wat vir die mense geveg het. 16. Hy maak nie Jode dood nie, maar Romeine. Die onderdrukkers. Die oorheersers van die Jode. En wanneer die Jode Barrabas kies, is dit nie ‘n keuse tussen Jesus die onskuldige en Barrabas die moordenaar nie. Nee, die Jode is besig om ‘n stelling te maak. ‘n Stelling oor hoe hulle gedink het God hulle as ‘n nasies gaan red. 17. Gaan hulle iemand soos Barrabas liewer volg, ‘n rebel, iemand wat die oorlewing van God se volk met geweld probeer verseker, of Jesus, ‘n ander tipe redder, wat ‘n ander evangelie bring. U sien, dit klink bietjie anders as die tipiese sondagskool lesse waarmee ons groot geword het. 18. En dit terwyl die omstandighede eintlik baie anders is. En al hierdie inligting is reg voor ons, maar ons lees dit soms verkeerd omrede ons van kleins af ‘n ander prentjie in ons koppe gehad het oor hierdie verhaal. 19. En wanneer ons begin om sommige van die verhale waarmee ons grootgeword het eenkant toe te skuif wanneer ons die skrif self lees, begin ander insigte vir ons oop te gaan. Wanneer ons na hierdie verse kyk met nuwe oe, begin ons om Pilatus se dilemma beter te verstaan. 20. Indien hy Barrabas vrylaat, laat gaan hy ‘n moordenaar wat mense doodgemaak het terwyl hy teen Rome in opstand gekom het. Laat Hy Jesus gaan, laat gaan hy die een vry wat self erken dat Hy ‘n koning is en dat dit sy goedkeuring wegdra. 21. Maar dis hier waar dit werklik interessant begin raak. Want wanneer ons Markus se weergawe vergelyk met die van Matteus, vind ons iets verstommends. Want Matteus 27:16 se vir ons dat Barrabas se naam eintlik Jesus Barrabas is. So in essensie is Pilatus besig om die skare te vra : Wil julle he ek moet hierdie Jesus vrylaat, of hierdie Jesus? 22. Maar om dit nog meer interessant te maak, moet ons kyk na wat Barrabas se naam beteken. Jesus het soms vir Petrus aangespreek as Simon Bar-Jona. Simon, seun van Jona. Bar – Abbas beteken “seun van die Vader”. Maar terselftertyd is Jesus Seun van God. Gereeld verwys Jesus na God as Abba, Vader. En skielik word dit duidelik wat besig is om hier te gebeur. Een seun van Abba word langs ‘n ander seun van Abba geplaas. 23. En ons, u en ek, word gekonfronteer met die vraag: Wie van hierdie twee is werklik God se seun? Kies ons Barrabas, die kryger wat sal veg en baklei om Vryheid te kry, of kies ons om Jesus te volg, God se ware Seun, die een wat nie kom met geweld en swaarde nie, maar wat kom met ‘n boodskap van ‘n ander tipe vrede? 24. En voordat dit vir u klink na ‘n onbesonne keuse, is hierdie tog die vraag waarmee ons elke dag gekonfronteer word. Is u en ek die tipe persoon wat geweld en outoriteit kies om te wen. Wil ons wen ten alle koste? 25. Sal ons ander vernietig om hoër uit te styg, om bo ander uit te styg. Of kies ons Jesus? Die Een wat dinge op ‘n ander manier kom doen het en steeds dinge op ‘n ander manier doen. 26. Daardie noodlottige nag, het die mense Barrabas gekies. Verkeerd gekies! Want sien, hierdie koninkryk wat Jesus kom vestig het werk anders as wat ons in die wereld gewoond is. Wanneer die wereld se baklei terug, se God se wereld draai die ander wang. Wanneer die wereld se staan op jou regte, se God se wereld dra sy klere ‘n ekstra myl. 27. Wanneer die wereld se vernietig jou vyande, se God se wereld julle moet hulle liefhe. Maar kies ons nie maar elke dag die verkeerde Jesus nie? Die Barrabas Jesus. Ons wil dinge ons manier he, ons wil he dinge moet gebeur soos ek dit wil he, desnieteestaande wat Jesus wil he nie. 28. Ons kies iemand wat ook voorgehou word as Jesus, seun van die Vader, maar dit nie werklik is nie. So maklik regverdig ons dit wat ons doen of hoe ons optree met “Dis God se Wil” of “Die HG het vir my gese ek moet dit of dat doen”. Want dit lyk soos iets wat God dalk sou doen, maar dis ver verwyderd daarvan. 29. Dit wat op Paasvrydag gebeur het, het soveel meer gebring as net ons verlossing. Dit het soveel meer gebring as bloot net ‘n hemelse lewe in die hiernamaals. Dit het ons vrede gebring. Nou. Hier. Dat ons nou reeds in vrede kan leef. Ek dink aan Jesus se gebed in Joh 17: “En dit is die ewige lewe: Dat hulle U sal ken en die Een wat U gestuur het”. Nou reeds kan ons die ewige lewe beleef. 30. Dis nie net ‘n pie in the sky the day when you die nie. Nou reeds, aan hierdie kant van die graf kan ons deel in die ewige heerlikheid. Goeie Vrydag was soveel meer as die geskenk van die ewige lewe. Dit was ‘n geskenk ook vir die hier en die nou. Dat ons nou reeds in oorwinning kan leef, as ons die regte Jesus kies. 31. Baie gelowiges is van mening dat verlossing gekom het vir eendag. Die dag wat hulle die tydelike met die ewige gaan verwissel en dan in God se heerlikheid gaan ingaan. En dis waar. Dit is daarvoor. Maar Goeie Vrydag het ook gebeur dat u en ek NOU reeds deel aan hierdie ewige heerlikheid kan he. Dat ons nou reeds in oorwinning kan leef en nie hoef te wag tot ons dood nie. Jesus het nie net vir ons toekoms gesterf nie, Hy het ook vir die hede gesterf. Ons moet net leef asof dit so is.