Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Ons het gisteraand gekyk na die priesterhoofde en skrifgeleerdes wat Jesus wou doodmaak maar nie geweet het hoe hulle dit kon doen nie agv die skares wat in Jerusalem was vir die paasfees. Maar hulle het toe onverwags hulp gekry in die persoon van Judas. Ons het gesien dat ‘n onbekende vrou meer verstaan het van Jesus as sy eie dissipels en wat dit beteken het toe sy Hom gesalf het. 2. En ons het afgesluit met die feit dat die paaslam geslag word op die 14de van die maand Nissan, maar eers na sonsondergang geeet is. En aangesien ‘n dag in die Joodse kultuur begin het met sonsondergang, is die Lam eers op die 15de, maw die 2de dag van die fees van die ongesuurde brode geeet. 3. En die eet van hierdie maaltye vertel vir ons iets van Jesus en van die gebeure wat gaan plaasvind. So wanneer Jesus en sy dissipels aansit vir die paasmaal, is dit duidelik dat Markus wil he dat ons deeglik kennis sal neem van die oorvleulende feeste. So kom ons kyk eerstens na die Paasfees. 4. Gedurende Paasfees is ‘n sekere soort lam geoffer. ‘n Lam wat geen gebrek gehad het nie. En hierdie lam was verteenwoordigend van die oorspronklike lam waarvan die Israeliete die bloed aan die deurkosyne gesmeer het. Die offer van hierdie lam het uiteindelik tot hulle vryheid uit slawerny gelei. 5. Jesus sal hierdie lam wees. Die onbevlekte Lam wat mense van hulle slawerny van sonde bevry. En dit word bevestig deur die fees van die ongesuurde brood. Ons moet in gedagte hou dat die omstandighede tydens Jesus se laaste paasmaal heelwat anders gelyk het as wat ons dit voorstel. Ons word soms mislei deur skilderye en voorstellings soos die van Da Vinci. Jesus en sy dissipels sou nie by ‘n lang tafel gesit het nie. Hulle het aangele vir ete. 6. En die brood sou nie mooi gebakte buns gewees het nie. Dit sou ongesuurde brood gewees het wat soos pannekoeke gelyk het. En hier is die rede waarom dit so belangrik is. Want die geloof was dat dit die suurdeeg in die brood was wat veroorsaak het dat brood af gaan en sleg word. So suurdeeg het tekenend of simbolies geword van die dinge wat God se volk “laat sleg word” het. 7. Suurdeeg was simbolies van sonde en die dinge wat die Israeliete geskei het van God. So wanneer Jesus die brood opgehou het en gese het “Dit is my liggaam” het Hy iets gese van sy liggaam. Hy is onbevlek, sondeloos, daar is niks kwaad of sleg in Hom nie. Jesus verkondig hiermee dat Hy die sondelose, volmaakte offer vir die mense is. 8. Maar nie net dit nie. Hy maak ook ‘n belofte van wat sal gebeur nadat Hy sterf. As brood nie suurdeeg in het nie word dit nie sleg nie, en so ook sal sy liggaam nie vergaan in die graf nie. En dis wat Hy vir sy dissipels male sonder tal gese het. Die Seun van die Mens sal sterf maar Hy sal weer opstaan. 9. Maar ons het gisteraand gese dat Markus in sy evangelie heeltyd die wisselwerking het tussen hulle wat getrou is en hulle wat ontrou is, tussen die goeie en die kwade. Slegs in hoofstuk 14 lees ons eers van die godsdiensleiers wat Jesus wou doodmaak. Hierna lees ons van die gelowige vrou met die olie wat Jesus gesalf het. Dan lees ons van Judas wat opstaan om sy verraderlike plan te gaan uitvoer. En dan volg Jesus se getrouheid tot sy bediening deur die paasmaal. 10. En nou gaan ons weer terug na Judas en sy verraad toe. Heen en weer swaai die pendulum in Markus tussen goed en sleg. En nou gaan ons sien hoedat meer en meer dissipels Jesus verraai soos wat Jesus se toewyding aan sy missie openbaar word. Wanneer Jesus en die dissipels die paasmaal verlaat reis hulle na die Olyfberg op pad na Getsemane. 11. Getsemane is ‘n olyftuin net aan die buitewyke van Jerusalem. En wanneer hulle daar arriveer vra Jesus 3 van sy dissipels, Petrus, Jakobus en Johannes om Hom te vergesel om te gaan bid. Jesus is so toegewyd aan die taak wat vir Hom voorle dat Hy vir hulle se dat Hy ontsteld en beangsd is. En Hy vertrou die 3 om daar te wees vir Hom in hierdie oomblik. Maar hulle is nie. 12. Terwyl Jesus getrou is aan sy taak tot die punt waar Hy uitroep “Nie my wil nie maar U wil Vader”, is sy 3 getrouste dissipels ontrou. Hulle raak aan die slaap. Hy is getrou, hulle nie. Hy het Petrus, Jakobus en Johannes vertrou om daar te wees vir Hom maar weereens stel hulle Hom teleur. En ons dink net Judas het Hom in die steek gelaat in sy laaste oomblikke? 13. En dan gaan die siklus Voort. Wanneer Jesus klaar gebid het, gebeur die ondenkbare. Die Judaskus! EN ons moet in gedagte hou dat ‘n kus in daardie tyd respek aangetoon het. Oor die afgelope paar uur het Judas elke sosiale reel verbreek. Hy het saam met Jesus geeet, hy het Hom gesoen, Hom Rabbi genoem, en nou verraai hy Hom. 14. Maar hier is die probleem wat ons oor die tye mis wanneer ons hierdie teks lees. Judas is nie die enigste een wat Jesus verraai nie. Terwyl Markus vir ons se dat een van die wat daar gestaan het ‘n swaard gegryp het en die hoepriester se slaaf se oor afgekap het, se hy in vers 50 hierdie skokkende woorde: “Toe het al sy dissipels Hom in die steek gelaat en weggehardloop.” Hoor u dit? AL SY DISSIPELS! En ons dink net Judas het Hom in die steek gelaat in sy laaste oomblikke? 15. In net een hoofstuk in Markus se evangelie word Jesus verraai deur elkeen van sy dissipels. Hulle wat belowe het om getrou te wees tot die einde, hulle wat belowe het om vir Hom te sterf, het Hom in sy oomblik van grootste wroeging alleen gelaat. Maar steeds is dit nie verby nie. 16. Nadat Jesus gearresteer is word ons gereeld vertel dat Hy verhoor word voor die Joodse Raad. Maar dis ‘n leuen. Dit was geen verhoor nie. Alles wat ons hier sien en lees vertel sommer vinnig vir ons dat dinge beslis nie amptelik en bo alle twyfel is nie. 17. Onthou hoe ons gese het dat die godsdienstige leiers gesoek het na ‘n rede om Jesus dood te maak? Wel die waarheid is dat die godsdienstige leiers, die Joodse Raad, nie die mag gehad het om Jesus dood te maak nie. 18. Hulle het nie daardie outoriteit gehad om te besluit wie doodgemaak moet word en wie nie. En die rede daarvoor is dat Judea onder Romeinse regering was. Die Romeine beheer die doodsvonnis in Judea. Hulle alleen. In buite Bybelse geskrifte lees ons dat selfs Herodes die Grote toestemming moes kry by die keiser om sy eie seuns tereg te stel nadat hulle skuldig bevind is aan verraad. 19. Maar dit word nog erger. Sedert Jesus geidentifiseer is as die Seun van Dawid was daar skielik openbare aanspraak daarop dat Hy ‘n koning is. En hofsake waarby ‘n koning betrokke was moes deur ‘n Romeinse beampte aangehoor word. Hierdie sogenaamde verhoor was geen verhoor nie. Dit was ‘n geleentheid vir die Fariseers om bewyse teen Jesus in te palm sodat hulle Hom voor Pilatus kon bring om Jesus tereg te stel. 20. Dit verduidelik ook waarom die hofsaak in die middel van die nag plaasvind. Ook iets wat nie volgens wet mag gebeur het nie. Augustin and Joseph Lémann verduidelik in hulle boek Jesus Before the Sanhedrin, dat geen hofsitting gehou mag word alvorens die oggendoffers gebring is nie. Geen hofsitting mag in die nag gehou word nie. 21. Isaac Wise skryf in sy boek Martyrdom of Jesus dat volgens die wet mag geen verhoor gehou word op ‘n Sabbat, ‘n feesdag of enige dag wat ‘n Sabbat of feesdag voorafgaan nie. Die Jode was reeds op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood toe Jesus gearresteer is. Volgens wet mag hulle nie die hofsaak selfs in die dag gehou het nie. 22. Die Joodse wet het ook bepaal dat ‘n hofsaak waarin ‘n persoon ter dood veroordeel word nie in een dag afgehandel mag word nie. Die rede hiervoor was dat genoeg tyd gegun moes word indien iemand in die guns van die beskuldigde wou getuig. 23. Hierdie is geen verhoor nie. Die Fariseers is besig om bewyse teen Jesus te kry om Hom voor Pilatus te bring aangesien Pilatus die enigste persoon was wat Jesus kon verhoor. Al wat hulle wou doen was om Hom voor Pilatus te kry sodat hierdie “valse profeet” net uit die pad kon kom. En uiteindelik kry hulle wat hulle wil he. 24. Toe die hoepriester direk aan Jesus die vraag vra of Hy die Christus is, het Jesus baie goed besef en verstaan wat die implikasies van sy antwoord sou wees. Steeds se Hy dit : EK IS! Dieselfde woorde wat God aan Moses gese het toe Moses wou weet wat God se naam was. Woorde wat elkeen geweet het waarmee Jesus beweer het dat Hy God was. 25. Maar Jesus neem dit nog verder. Hy noem Homself die Seun van die Mens. Almal het geweet dis die Een wat die sonde van die wereld sou vergewe. En hiermee het die Fariseers en die Skrifgeleerdes alles wat hulle nodig gehad het. ‘n Man wat Homself God noem terwyl Rome gedink het slegs die keiser is God. 26. ‘n Man wat Homself die Messias noem wat die mense sal bevry terwyl Rome juis jag maak op diegene wat mense opstook en opstand veroorsaak. Uiteindelik het die Fariseers gedink. Nou het hulle alles om van Jesus ontslae te raak. Maar hier is wat so ironies is van die oomblik. 27. Hierdie is Jesus se mense. Die Jode was vir jare lank onderdruk deur die een nasie na die ander. Vir jare en jare het hulle gesmag na bevryding vanuit die juk van hulle onderdrukkers. En wanneer God uiteindelik Iemand stuur om hulle te bevry, verraai hulle Hom. 28. Net soos wat Judas gedoen het, net soos Petrus, Jakobus en Johannes en net soos die 12. En net soos Petrus later weer doen. Ten spyte van die feit dat Jesus tot die dood toe getrou was, was almal wat aan Hom getrou moes wees ontrou. 29. Die buitestaanders was getrou aan Jesus, maar Jesus se gekose 12, die leiers van sy volk, die mense wat sy evangelie aan die wereld moes bring, hulle was die ontroues. Almal sou Hom verloen, nie net Judas nie. 30. En dis in ‘n oomblik soos die dat Markus ons uitdaag om ‘n klompie moeilike vrae te vra. Geskiedenis wys dat vir diegene wat in die eerste eeu nC vervolg is, was hierdie een vraag heeltyd in hulle gedagtes: Sal ek getrou aan Hom kan bly? 31. En vir ons wat vandag leef moet ons mooi verstaan. Die mense waarvan ons in Mark 14 lees wat Jesus verraai doen dit uit vrees. Vrees dat indien hulle Hom bly volg gaan dit dalk hulle lewens kos. Hulle doen dit wanneer hulle dink hulle planne en idees is beter as Jesus s’n. 32. En ons moet maar eerlik wees vanaand. Ons word gereeld versoek om maar in die meeste gevalle ons eie kop te volg. Tye wanneer ons ook dink dat ons manier van doen is beter as Jesus se manier van doen. Dat Jesus se pad soms bietjie moeilik blyk te wees. Of as ek dinge wat vir my belangrik is sal moet opoffer. 33. Of as Jesus se idees nie pas by dit wat EK dink is die beste of reg nie. Miskien het u al so ‘n oomblik gehad toe jy jou verhouding met Jesus weggesteek het want dit mag dalk bietjie akward wees. Want dit mag jou dalk jou vriende kos, of bevordering by die werk, of jou selfbeeld kan daarmee heen wees. 34. Miskien het jy dele van die Skrif eenkant toe geskuif omrede dit nie inpas by dit wat jy glo nie, of nie strook met jou siening van sekere dinge nie. Elke dag word ons willens en wetens in Markus 14 ingeplaas. Gaan ons getrou wees soos die vrou wat alles vir Jesus gegee het, of gaan ons ook maar wegval? Miskien, ook op die vooraand waarop ons sy lyding en dood gedenk, hardloop ons steeds weg soos die dissipels. 35. Markus smeek ons vanaand deur sy evangelie geliefdes: Bly getrou aan Christus. Ons het die voorreg om te weet dat Hy die oorwinning behaal het. Waarom sal ons nie getrou aan Hom bly nie, ons wat die hele verhaal ken? 36. Moreaand, as die Here wil, gaan ons sien dat daar daardie dag voor Pilatus nie net een Jesus was nie, maar twee.