Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Wanneer u terugblaai na Markus 13 vind ons dat Jesus aan die einde van die hoofstuk sy dissipels toegespreek het oor ‘n klomp apokaliptiese gebeure. Eindtydgebeure. Dan, in hfstk 14 begin Markus deur te verwys na twee van die grootste feeste in die Joodse kultuur. Hy noem dat die Paasfees en die fees van die ongesuurde brode slegs 2 dae weg is. 2. Ons moet hier in gedagte hou dat hier van 2 verskillende feeste gepraat word. Paasfees is gevier ter herdenking aan die laaste plaag in Egipte toe bloed aan die deurkosyne gesmeer is. Dit was hierdie oomblik wat Farao gedwing het om Israel te laat trek. 3. Die fees van die ongesuurde brood daarenteen was anders. Dit was die fees wat gevier is ter herdenking van hoe die Israeliete voorberei het op hul Vryheid. God het aan hulle voorgeskryf dat hulle geen suurdeeg in hulle brood moet sit wanneer hulle Egipte verlaat nie. 4. Daar is heelwat betekenis hierin en dv kom ons later in die week daarby uit. Wat egter belangrik is vir ons om in gedagte te hou is dat alles wat hierna gebeur, gebeur tydens hierdie twee feeste. 5. En dit vertel vir ons ‘n aantal dinge van die omstandighede waartydens Jesus se verhoor en kruisiging plaasgevind het. Dit vertel vir ons dat Jerusalem volgepak was met feesgangers. Paasfees, een van drie groot feeste op die Joodse kalender waartydens daar van elke Joodse gelowige verwag is om na die tempel in Jerusalem te reis. 6. Dit beteken dat daar derduisende, sommige reken selfs honderde duisende, mense in Jerusalem sou wees. Jesus se familie en vriende uit Galilea sou beslis ook daar wees. Markus se vir ons in vers 1 dat die priesterhoofde en skrifgeleerdes op soek was na ‘n plan om Jesus op ‘n slinkse manier gevange te neem en dood te maak. Nou dis geen verassing vir ons nie. Hulle het dit vir die grootste deel van Markus se evangelie gedoen. 7. Maar wat wel interesant is, is dat Markus se dat hulle bang is om dit tydens die Paasfees te doen omrede die volk in oproer kon kom. Hulle het geweet dat daar baie mense in Jerusalem is wat volgelinge van Jesus was. Slegs ‘n paar hoofstukke tevore het Hy op ‘n donkie ingery en die mense het palmtakke en klere voor Hom neergegooi. 8. Maar hou in gedagte dat dit die mense van Galilea insluit. Jesus het die grootste deel van sy bediening in Galilea deurgebring. En nou is daardie mense in Jerusalem. So Markus begin die spanning opbou in sy evangelie. Hier is ‘n probleem vir die godsdiensleiers wat opgelos moet word. 9. Hulle wil Jesus doodmaak, maar hulle weet nie hoe nie. Jesus het ‘n geweldige klomp volgelinge in Jerusalem. Daarom het hulle ‘n meer onopsigtelike manier nodig om dit te doen. 10. Interessant is dat Vers 3 vir ons se dat die priesterhoofde en skrifgeleerdes bekommerd was oor wat die mense sou se, die mense sou doen. Maar as godsdiensleiers van die dag was hulle blykbaar glad nie bekommerd oor wat God se wil in die situasie was nie. 11. En die res van hierdie hoofstuk gaan dit verduidelik, terwyl verskeie van Jesus se dissipels ‘n rol hierin speel. Maar eers moet Markus ons van iets anders vertel. U Sien, regdeur sy evangelie praat Markus oor opponerende groepe. Diegene wat Jesus aanvaar en diegene wat Hom teenstaan. Hulle wat in Hom glo en die wat nie in Hom glo nie. 12. Soos ons gese het is hierdie hoofstuk vol mense wat Jesus verraai. Maar eers wil Markus he dat ons iemand sal ontmoet wat werklik geloof het. Markus vertel vir ons dat Jesus intussen in Betanie is, in die huis van ‘n man met die naam Simon die melaatse. Nou daar is ‘n sterk moontlikheid dat Simon op ‘n stadium melaats was en die bynaam gehou het. 13. Melaatsheid was ‘n geweldige afskuwelike siekte en iemand wat melaats was sou nie in ‘n huis in Betanie gebly het nie. Moontlik was hy melaats vir die grootste deel van sy lewe. Miskien is hy op een of ander stadium deur Jesus genees. 14. Dit is egter baie onwaarskynlik dat Jesus of sy dissipels of enigiemand anders sou geeet het saam iemand wat melaats was op daardie stadium nie. Hoe ookal, die hoofkarakter in hierdie gebeure is nie eintlik Simon nie, maar ‘n onbekende vrou. Tradisie en kultuur van hierdie tyd wil dit he dat hierdie vrou ‘n werknemer van Simon moes gewees het om teenwoordig te gewees het tydens hierdie ete. 15. En Simon moes ‘n ryk man gewees het, want die vrou kom na Jesus toe met ‘n kruik nardusolie wat meer werd was as ‘n jaar se salaris. Dink in vandag se terme parfuum wat honderde duisende rand werd was. En die vrou breuk die houer en gooi alles oor Jesus uit. Die dissipels wil ‘n oorval kry. 16. Maar Jesus maak hulle stil met woorde wat vreemd vir ons klink. “Sy het vooruit al my liggaam gesalf as voorbereiding vir my begrafnis.” Dit is vreemd omrede ‘n liggaam eers behandel is nadat ‘n persoon dood is. Markus wys hier op iets wat nog moet gebeur. Hier se Jesus dat Hy voorberei word vir sy dood. 17. Maar die belangrikste van hierdie vrou se optrede is dat sy toon geloof in Jesus wat sterk in kontras gaan wees met die gebrek aan geloof van sy eie dissipels hierna. Hierdie vrou is bereid om enigiets vir Jesus te gee. 18. Nie eens parfuum wat so onbekostigbaar is dat mense hiervoor sou doodmaak was te veel vir Hom nie. Sy is die toonbeeld van toewyding en getrouheid, en sy is die teenoorgestelde van die dissipels. Veral die een vir wie Markus volgende noem….. 19. Want terwyl hierdie vrou bereid was om ‘n jaar se lone op te offer om Jesus te salf, verlaat Judas Iskariot die vergadering om Jesus te gaan verraai. 20. En nou begin al die stukke van die legkaart in mekaar val. In vers 1 begin Markus deur te se dat die godsdiens leiers Jesus wil doodmaak, maar nie weet hoe nie. Wel, in vers 10 gee hy die antwoord HOE. Judas sal dit doen deur Jesus te verraai. Maar u en ek as lesers weet al so lank van Judas se optrede dat hierdie gedeelte eintlik sy impak verloor wanneer ons dit lees. 21. Dis soos om ‘n goeie fliek te kyk wat ‘n groot draai in die storielyn het. As jy weet wat gaan gebeur tref dit net nie meer nie. En dis hoe baie van ons voel as ons weer hierdie teks lees oor hoe Judas Jesus verraai. Dit skok ons nie meer nie. Maar dis nie hoe ons veronderstel is om te voel nie. 22. En dis beslis nie hoe mense wat hierdie verhaal vir die eerste keer hoor sou gevoel het toe hulle dit hoor nie. Wat Judas gedoen het wat ondenkbaar. Die verhouding tussen ‘n Rabbi en sy dissipels was meer intiem as die tussen ‘n pa en seun. 23. Daar was gesegdes in daardie tyd soos “Your father brought you into this world, but your Rabbi brings you into the life of the world to come” en “If a man’s father and Rabbi are both taken captive, a disciple should ransom his rabbi first”. Ons kry dit in die in die Misnah. Daarom se Petrus in hoofstuk 10 dat hy alles agtergelaat het om Jesus te volg. En in vers 31 van hierdie hoofstuk se Petrus dat hy vir Jesus sal sterf. 24. En dit maak Judas se optrede soveel erger. En dit maak Mark 13:12 soveel duideliker waar Jesus noem dat mense deur hul eie familie verraai gaan word aan die einde van die tyd. Jesus se belofte oor die lyding wat sy dissipels sal deurgaan begin waar te word. En Hy gaan die eerste wees om hierdeur te gaan. 25. Maar hier is die wonderlike hieromtrent. Jesus omhels hierdie pyn. Hy hardloop nie daarvan af weg nie. Hy gebruik wat ander vir kwaad bedoel om God te verheerlik en om ons te red. 26. En net hierna vertel Markus vir ons van die paasmaaltyd. En Markus begin die gedeelte deur terug te verwys na vers 1 rakende die feeste. En hierdie paasmaaltyd vind plaas tydens die oorgang van die fees van die ongesuurde brode na die paasfees. 27. U sien, die offerlam word geslag op die 14de van die Joodse maand Nissan. Maar hierdie offerlam word nie geeet tot na sonsondergang nie. Maar nou moet ons in gedagte hou dat sonsondergang op die 14de beteken in Joodse kultuur dat dit die begin was van die 15de. En dit was die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood. 28. Nou dit mag alles baie confusing klink, maar dit maak saak as ons alles wil verstaan wat tydens die paasmaaltyd gebeur. En dit gaan ons DV moreaand na kyk…. 29. Wat wil Markus vanaand vir ons vertel? Die vrou in Simon se huis offer alles op wat sy het. Niks is vir haar te duur nie. Sy gee alles, want sy weet wie Jesus is en haar geloof in Hom skiet glad nie tekort nie. In teenstelling met die dissipels op daardie stadium. 30. Niks is te goed vir ons Verlosser nie. Nie my besittings nie, nie my gesin nie, nie my status of bankrekening nie. Niks is te goed vir Hom nie. Veral nie as ons in gedagte hou wat in die volgende paar aande gebeur het nie. 31. Maar kom ons breek ‘n lansie vir die dissipels. Alhoewel hulle steeds nie veel verstaan het van wat aangaan nie en ons sien dit regdeur die Markus evanglie, het hulle Jesus bly volg. Petrus het bely dat hy vir Jesus sal sterf. Miskien is hulle gebrek aan verstaan en toewyding vir ons ‘n belangrike les vanaand. Ons sal God nooit aan hierdie kant van die graf ten volle verstaan nie. 32. Maar soos die dissipels is dit ons verantwoordelikheid om steeds getrou te bly aan Hom. Ons gaan nie antwoorde he vir alles wat met ons gebeur nie, maar dat Hy altyd daar is, in goeie en slegte tye, is ongetwyfeld waar. Jesus het verder geweet wat Judas beplan. Hy het dit per slot van sake voorspel. 33. Maar steeds laat Hy Judas oor om sy eie keuse te maak. God dwing niemand van ons in iets in nie. Dis ‘n vrye wil en keuse wat Hy vir ons gegee het. Hoe ons dit gebruik is ook ons keuse. Gebruik dit wys, gebruik dit tot eer van God en om Hom te verheerlik. 34. Moreaand gaan ons DV aan met ons teks en sien ons dat Judas eintlik nie alleen gewerk het in die sy wandade nie. Dat ons Judas soms verantwoordelik hou vir dinge waaraan die ander dissipels ook skuldig was. Maar vir vanaand, onthou dat niks te veel is om op te offer vir ons Verlosser nie, dat al gebeur daar so baie dinge wat ons nie verstaan nie, dit werklik die moeite werd is om Hom steeds te volg.