Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
God se wil – Sondag 2 1 Tess 3:11-13 1. Ek wil vandag afsluit deur aan te sluit by verlede keer oor karakter ontwikkeling. Ef 1:4 het gese dat God ons uitverkies het nog voordat die wereld geskep is om Heilig en onberispelik voor Hom te wees. 2. In 1 Tess 4:3 word daar egter direk oor God se wil gepraat. LEES. U sal onthou hoe ons verwys het na God se morele wil, die grense wat Hy gestel het waarbinne ons moet beweeg. 3. Hier vind ons dit weer. Lewe Heilig. As jy Heilig lewe is jy binne God se grense en kan jy die besluite oor die alledaagse dinge self maak. Dis ‘n Vryheid wat God ons gegee het. En as jy wysheid nodig het om hierdie besluite te maak, vra my en ek sal dit vir jou gee sonder voorbehoud. Jak 1. 4. En nou weet ek wat gaan deur u gedagtes. Raak prakties Dirk! Hoe word ‘n mens Heilig en onberispelik? Kom ons lees net ‘n paar verse terug. 1 Tess 3:11-13! LEES. 5. So God se wil vir ons is dat ons Heilig en onberispelik sal wees. Hoe doen ons dit? Ons moet God toelaat om ons liefde vir mekaar en vir alle mense te laat groei en oorvloedig te maak. Nou mense sê soms snaakse dinge wanneer jy praat van ‘n heilige lewe. Hulle sal se dis die aantal kere wat jy stiltetyd hou, of Bybelstudie hou ens. En natuurlik is stiltetyd en bybelstudie sentraal in ons verhouding met God. Dis geweldig belangrik! 6. Maar Paulus is eintlik baie prakties hier as hy se wat ons Heilig maak. Want heiligheid is God se wil vir ons. En wat se Paulus wat is dit wat ons Heilig maak? LIEFDE! Natuurlik ook die ander dele van die vrug van die Gees. Vreugde, Vrede, Lankmoedigheid ens. En die NT praat op verskeie plekke oor die eienskappe van die vrug van die Gees. Maar dit praat op elke bladsy van die Liefde. 7. Geen wonder dat Paulus in 1 Kor 13 se “Nou wys ek julle wat die allerbeste is. En dan skryf hy ‘n hele hoofstuk oor die liefde. Sonder liefde is ek niks. Wat God se wil vir u en my is, is om liefde te ontwikkel vir alle mense. Vriende, ek wil Paulus se woorde in Ef 3 gebruik dat ons nie werklik besef hoe hoog en wyd die liefde van Christus is nie. En ek weet dit klink soos ‘n holruggeryde cliché. Ons hoor dit van kindsbeen af. 8. En ons kry dit nie meer reguit as toe daar vir Jesus gevra is wat die grootste gebod is nie. En sy antwoord? LIEFDE! Liefde vir God maar ook vir jou naaste. En die liefde vir naaste is nie sekonder tot ons liefde vir God nie. Nee! Dis net so belangrik as ons liefde vir God. Jesus sê self dat die tweede deel gelykstaan met die eerste. 9. Maar hoekom is liefde so belangrik? Want liefde is die enigste karaktereienskap waaraan God sy eie identiteit koppel. Dis die enigste eienskap wat God se dat dit sy wese is: GOD IS LIEFDE! Nie net deel van ‘n persoonlikheid nie – dis sy wese. Dis wie God is! Daarom is God se primere wil vir die lewe hier en nou dat ons die berge sal versit om mekaar en Hom lief te he. 10. U sien, in die antieke wereld was liefde nie ‘n baie belangrike ding nie. Mens kan baie lees van die antieke filosowe voor en na Christus wat die Stoisynse filosofie aangehang het en tot die 2de eeu na Christus word daar nerens van liefde melding gemaak word nie. Dis was net nie belangrik nie. Aristoteles het in sy boek oor etiek gese daar is 20 eienskappe waaroor ‘n goeie landsburger moet beskik. En liefde was nie een van daardie 20 nie. 11. Die naaste wat hy aan liefde gekom het is vriendskap. Maar hy het dit duidelik gemaak dat dit vriendskap met voorwaardes was. En daarom kom Jesus in Joh 13 en Hy se ‘n nuwe gebod gee ek julle. Julle moet mekaar liefhe. Liefde is die mees fundamentele bousteen van die lewe. Daarom is God se primere wil vir ons dat ons mekaar en vir Hom sal liefhe. 12. En as ons ernstig is met God, as ons sy wil werklik wil ken en nie net wil maak of ons belangstel in sy wil nie, is hierdie die belangrikste aspek waarop ons moet konsentreer. Keer hemel en aarde om om te leer om mekaar lief te he. 13. Nou ons het gese ook dat God se plan vir ons nie ‘n bloudruk is waaraan ons uitgelewer is en slaafs moet volg nie. 14. Maar toegegee. Op die oog af is daar teksverse wat dit wel laat blyk dat ons lewens reeds van die begin af vir ons uitgele is en dat ons nou maar daarby moet inval en dit soos robotte uitleef. En wanneer hierdie tekste buite konteks gelees word kan dit nogals heelwat verwarring veroorsaak wanneer ons alles wat ons in die week omtrent God se plan met ons geleer het in ag neem. Kom ons kyk na twee van die mees pertinente tekste wat hierdie indruk kan skep by ons. 15. Job 14:5 : “Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal, U het dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie.” As mens hierdie vers in solidariteit lees dan staan daar dat die mens se dae is vasgestel en sy jare is bepaal. Maar wat is die konteks van hierdie teksvers? In die konteks van die hele hoofstuk 14 se hierdie vers nie dat God besig is om mense se strepies te trek nie. Maar wat is dan die agtergrond van hierdie hoofstuk en wat het gelei tot hierdie woorde van Job? Ons moet in gedagte hou dat Job in hfst 14 besig is om God aan te kla. Hy voel God is onregverdig. Hy is van mening dat God in elk geval net doen wat Hy wil. En Job voel hy is uitgelewer aan een of ander plan waarin hy geen sê het nie. 16. Hy se vir God dat die bome kry ‘n tweede kans. Hulle word afgekap en dan groei hulle weer, hulle strepies is nie getrek nie, maar ek Here, ek wat Job is kry nie ‘n tweede kans nie. Dit is Job se gevoel en aanklag teen God. Dit is deel van ‘n regsgeding waarin hy God van onregverdigheid beskuldig. Daarom kan ons nie se hierdie teksvers veralgemeen en se dat vers 14 handel oor alle mense van alle tye nie. Aan die einde van Job kom se sy 4de vriende vir hom dat hy baie onwaarhede teenoor God kwytgeraak het in sy aanklagte teen God en Job erken dit ook in hfst 42. So Job 14:5 se nie dat God mense se strepies trek nie. Dit se Ek DINK U doen dit en daarom dink ek U is onregverdig. Inteendeel, in vers 13 se Job die teendeel: “As U maar liewer ‘n tyd vir my wou vasstel..” 17. Daarom moet ons baie versigtig wees om ‘n hele teologie op een of twee tekste te bou wat buite konteks aangehaal word. Wanneer die Skrif oor ‘n onderwerp met jou praat moet die HELE Skrif daaroor uit dieselfde mond praat. MAW as ons na die Skrif toe gaan met Job 14:5 in gedagte en ons hou op om verder hieroor te dink, dan skuld ons onsself ‘n beter manier van dink oor die Skrif. Dis maklik om te se Ek het ‘n teks! Maar hoe interpreteer ons die teks? 18. Die 2de teks is die bekende Psalm 139:16 : “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is”. Hierdie Psalm gaan oor die almag van God. Ons is nie ‘n biologiese toevalligheid nie en ook nie produkte van die noodlot nie. Ons is van geboorte tot anderkant die dood in die hande van hierdie Almagtige God. Vers 1-6 se dat ons sonder God niks kan doen nie, vers 7-10 se dat ons Hom nooit kan ontvlug nie, vers 11-12 se dat ons niks vir Hom kan wegsteek nie, vers 12-16 se dat God ons deur en deur ken en verse 17-18 se dat Hy ondeurgrondelik is. Onverstaanbaar. 19. Vers 16 se nie binne die konteks vir ons dat ons strepies getrek is nie. Inteendeel, dit se dat God ons lewensdae by geboorte al geken het. Nie deterministies bepaal het nie. Hy het dit geken! Tot sover hierdie twee tekste. 20. Maar ‘n teksvers wat ons almal ken rondom God se wil mis ons soms gereeld as ons dit lees. Matteus 6:10: “So moet julle bid:… laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.” U sien, God se wil geskied in die hemel. Permanent. En dit is ons lewensdoel en taak om dit wat in die hemel plaasvind ‘n realiteit ook hier en nou te maak. Wanneer Jesus ons leer om te bid “….laat U koninkryk kom…” beteken dit dat ons eintlik moet vra Here, laat u regering, daar waar U wil permanent geskied, asseblief aarde toe kom. Laat dit ook hier wees soos daar. 21. En die een boek in die Bybel wat meer se as enige ander handel oor God se regering in die hemel en dat God nie van die troon afgeval het nie, is Openbaring. Ek dink Openbaring gee vir ons ‘n goeie aanduiding van hoe God se wil in die hemel geskied. Hou in gedagte dat in die eerste eeu by die skryf van Openbaring was daar baie gelowiges wat geweldig baie gely het. En hulle het dit bevraagteken of God nog op die troon is. 22. In die tyd wat Openbaring geskryf is was Domitianus aan bewind. Hy was keiser en het die mense gedwing om hom aan te spreek as Here en hom te aanbid. Hy het in die stad Efese ‘n tempel tot sy eer laat oprig. En wanneer skepe na die hawestad Efese toe aangevaar gekom het kon hulle hierdie imposante tempel van ver sien. 23. En by die tempel was ‘n standbeeld van Domitianus met ‘n boekrol in sy hand. En wanneer ‘n keiser of koning met ‘n boekrol in sy hand staan het dit beteken Hy beheer kennis, hy beheer die lewe en hy beheer die geskiedenis. En so het Domitianus gelowiges wat hom nie wou aanbid nie, vervolg. Hy het hulle verbied om te koop of te verkoop. Hy het Johannes verban na Patmos toe. 24. En die vraag wat hierdie gelowiges gevra het was: Is God nog op die troon? Geskied sy wil nog oral? Kyk hoe swaar kry ons! En dis binne hierdie konteks wat ons na Open 4 en 5 kyk. En in die begin van Openbaring 4 vat die Gees Johannes op ‘n reis deur die hemel en die eerste ding wat hy sien is ‘n troon, en God op hierdie troon. En hy sien 24 ouderlinge rondom hierdie troon wat natuurlik die kerk verteenwoordig het. 25. En dan lees ons vanaf Open 5:1 die volgende: “In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor- en aan die agterkant vol geskrywe was en wat met sewe seëls goed verseël was. Toe het ek 'n sterk engel gesien wat met 'n harde stem uitroep: “Wie is waardig om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?”. Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak en daarin te kyk nie.” 26. En dan gebeur iets wat vir die gelowiges in die eerste eeu baie sin sou maak. Vers 5: “Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.” MAW wat wil Johannes vir ons se in hierdie tyd van Domitianus? Wie hou eintlik die boekrol vas? Nie Domitianus nie! Jesus is die enigste Een wat waardig is om die boekrol vas te hou en oop te maak. 27. So net Hy kan die seels breek en die boekrol oopmaak wat gaan oor die geskiedenis maar veral die kennis van die lewe. En net Jesus het mag daaroor. Hy laat die wereldgeskiedenis ontvou en net Hy kan God se wil op aarde laat geskied. En wat is God se primere wil op aarde? Joh 6:40: “Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê”. 28. Geliefdes, sien U waste troosboek Openbaring eintlik is? Dat dit bevestig dat hierdie God, wat werklik die lewe, geskiedenis en kennis beheer, ons nie net hier op aarde gegooi het en gelos het om op te snork nie. Soos my ma sou gese het nie. 29. Hy is die Almagtige God, Skepper van alles, wat steeds betrokke is by ons elke dag se doen en late. Nie op ‘n manier waarop ons robotte is wat ‘n vooruitbeplande bloudruk plan vir ons lewens uitvoer nie, maar wat vir ons ‘n vrye wil en vrye keuse gegee het om binne sy wil vir hierdie wereld self keuses te kan maak. Keuses wat Hy wil he Hom sal eer, deur ‘n skoon, heilige lewe, onberispelik voor Hom. Gaan leef jou Vryheid binne God se plan vir hierdie wereld, maar hou in gedagte dat ons steeds teenoor God verantwoordelik is vir hierdie Vryheid van keuses wat ons het. AMEN!