Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
God se Wil Mark 1:15 en Matt 4:17 1. Ons is steeds besig om te gesels oor die wil van God. En wanneer ons die wil van God wil verstaan, dink ek dis belangrik dat ons ook die wil van God vir die geskiedenis verstaan. MAW, voordat ek elke oggend kan bid Here, hoe lyk U wil in my lewe vandag, moet ek eers vra wat is God se wil vir almal, vir die hele wereld. Want u en ek moet sorg dat ons lewens eers in lyn kom met God se wil vir die wereld. 2. EN om dit te bepaal is eintlik baie eenvoudig. Onthou, ons het aan die begin gese dat God se wil is nie ‘n misterie nie. Hy maak dit in die Skrif aan ons bekend. Ons het dit die afgelope paar aande reeds beleef. Maar ons het ook gese dat God se wil ‘n naam het: Jesus Christus. Gevolglik as ons wil weet wat God se plan met die wereld is, sal dit ‘n goeie ding wees om te kyk waaroor het Jesus die meeste gepraat. 3. Onthou, Jesus was die uitvoering van God se plan met die wereld. En nou kan ons vir onsself die vraag vra: Waaroor het Jesus die meeste gepraat? En in Matteus, Markus en Lukas vind ons dat Jesus die meeste kere verwys na die koninkryk van God. Regdeur die evangelies maak Jesus melding daarvan dat Hy gekom het om God se koninkryk te kom vestig. Dit is God se wil: Dat sy koninkryk op aarde gevestig sal word. 4. Maar voor ons verder gaan moet ons eers ‘n paar misverstande rakende die koninkryk van God uit die weg ruim. Eerstens, wanneer Jesus praat oor die koninkryk van God bedoel Hy nie die lewe na die dood nie. Ja, die ewige lewe is deel van God se koninkryk, maar dit gaan primer oor die lewe hier en nou. Daarom dat Jesus gebid het dat God se koninkryk sal kom op die aarde soos in die hemel. 5. Kyk maar na Jesus se leringe. Sy leringe op aarde het meer gehandel oor die lewe hier en nou as oor die lewe hierna. Kyk maar net weer na ons teksgedeelte vanaand: Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” Dis wat Jesus kom doen het. Hy het die koninkryk van God hier op aarde kom vestig. Dieselfde in Matt 4: Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” 6. Tweedens moet ons verstaan dat die koninkryk van God gaan oor God se regering. Ons sien in Gen 1 en 2 dat God alles geskep het, die totale heelal. Dan skep Hy die mens en gee die opdrag dat hulle oor alles moet regeer. MAW God wou deur die mens regeer oor sy hele skepping. In hierdie tyd, voor die sondeval was die mens, God en die heelal in harmonie met mekaar. Shalom het geheers soos die Jode gese het. 7. God was in verhouding met Adam en Eva, in verhouding met die skepping en alles was in harmonie met mekaar. Maar toe kom Genesis 3. Die sonde gebeur. En wanneer ons Gen 3 lees sien ons dat die vloek wat God uitgespreek het, het elemente bevat van elkeen van hierdie verhoudinge. Die verhouding tussen God en mens, mens en mens en die mens en die skepping is nou gebreek. 8. In sterk terme sal ons se nou word die mens die vyand van God, van mekaar en van die skepping. Maar regdeur die OT het die Jode geglo in ‘n goeie God. ‘n God wat hierdie wereld weer gaan herstel. En hier is ons weer terug by die wil van God. Dis God se wil dat die wereld herstel moet word. En hiermee veral God se verhouding met die mens. 9. So wanneer Jesus sy eerste preek in Matteus begin met die woorde “Die koninkryk van die hemele het naby gekom,” se Hy eintlik die volgende: Ouens, God se plan met hierdie wereld het nou in vervulling gegaan in Jesus. Dis nog nie voltooi nie want die voltooiing daarvan vind plaas by die wederkoms, maar sy plan vir die wereld het in vervulling gegaan in Jesus. Dit het begin. 10. MAW Jesus se dit is nou die geleentheid om onder die regering van God te leef. Onder sy heerskappy. En op die manier binne sy wil te leef vir elkeen van ons se lewe. Om in die regte verhouding met Hom te staan. Voor Hom te kniel, Hom te bely en so ook die wereld te versoen met Hom. 11. Derdens het die koninkryk ook te make met ons verhouding met ons medemens. So, wanneer Jesus sê die koninkryk het gekom, sê Hy ook dat die tyd gekom het dat julle weer julle verhoudings met mekaar sal herstel. Streef daarna om as nuwe mense te leef. Nie eendag na die dood nie, nou hier, aan hierdie kant van die graf. Onthou Jesus se woorde, as jy jou offer na die altaar bring, maak seker jy is reg met jou medemens. 12. Vierdens moet ons onsself versoen met die skepping. God gee die skepping vir ons om oor te heers. En wanneer God ‘n verbond sluit met Noag, sluit Hy dit met Noag en al die wilde diere. Hy gebruik metafore uit die natuur wanneer Hy praat oor die Messias wat gaan kom. Paulus sê in Romeine dat ook die skepping herstel sal word wanneer God weer kom. 13. So dis God se wil dat sy koninkryk op aarde sal kom, deur die verhouding tussen mens en God, mens en mens en mens en die skepping te herstel. 14. Ons tweede teksgedeelte dui op iets anders van God se wil. Baie mense kry ‘n goeie werksaanbod. Iewers in die Kaap. Moet ek gaan of nie. Ons het reeds gese dat God se wil nie ‘n tightrope is waarop ons onsself moet balanseer nie, maar eerder ‘n wye speelveld is waarin ons onsself bevind. Maar kyk wat het Paulus in so ‘n situasie gedoen. Paulus se in 1 Tess : Toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om alleen in Atene agter te bly. 15. Binne hierdie wye speelveld gee God ons die Vryheid om besluite te kan neem. In Hand 15 by die eerste sinodesitting lees ons die volgende oor die apostels en die ouderlinge: Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê as net hierdie noodsaaklike dinge nie... Ons en die HG het binne hierdie speelveld waarvan die reels reeds vasgele is, ‘n besluit gemaak. 16. So, moet ek die werk in Kaapstad aanvaar of nie? Hier is die verrassing: God is baie meer geinteresseerd in my karakter as oor presies waar ek werk, bly of watse motor ek ry. Die Bybel skets vir ons God se wil as die wye veld waarbinne my karakter moet ontwikkel. Dat ons karakter sal ontwikkel is een van God se primere doel met ons. 17. Hoe kom ek daarby uit? Kom ons kyk na Efesiers. Ef 1:4 se So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Hier se Hy iets van sy plan, sy doel. Hoekom het hy die mens gemaak? Om Heilig en onberispelik voor God te leef. Om anders te lyk as die res van die wereld. 18. Ons vind heelwat verwysings hierna in Ef 1. Vers 5 se die volgende: In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Volgens sy genadige beskikking – MAW volgens sy wil, sy plan! Vers 9 is nog meer reguit hieroor: Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. In die eerste 3 hoofstukke van Efesiers praat Paulus oor wat God se plan en doel met ons is. Luister na 2:10: Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. 19. So wat is God se wil vir jou en my lewe? Om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. MAW die goeie dade wat in sy plan vir u en my is! En dan, hier na die einde van die brief toe lees ons die volgende: Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. 20. Paulus se, noudat julle weet wat God se plan vir julle is, om julle te wy aan die goeie dade want dis waarvoor Hy julle bestem het, nou moet julle hele lewenswandel in ooreenstemming met hierdie evangelie wees. Wy jou lewe aan die goeie dade, dat die manier hoe jy loop in hierdie lewe in ooreenstemming sal wees met dit waartoe Hy ons geroep het. 21. En dan in die res van die brief noem hy ‘n klomp voorbeelde van hoe iemand lyk wat in God se wil leef, wat binne sy plan leef. En wanneer ons geoefen het om so voor God te leef, skoon en ‘n rein lewe, gaan die besluite oor of ek Kaap toe moet gaan of nie baie vaal begin lyk. Dan eers besef ons maar God se antwoord hierop is eenvoudig: Dis jou keuse! Gaan daar waar jy weet jou karakter die meeste sal ontwikkel sodat jy nader en nader aan my kan groei. 22. Gaan waarookal jy weet jou lewenswandel daartoe sal lei dat jou karakter in lyn met God se plan sal kom, dat jou karakter so sal ontwikkel dat jy meer en meer soos Jesus sal word, in plaas van om bekommerd te wees oor waar ons dit sal doen.